Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kyk, nóg
’n foto van LUR Peggy!
Lood Peggy Nkonyeni, KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, is duidelik nie skaam vir ’n kamera nie. Dis sy wat ’n taakspan bewimpel het om ’n dokter te ondersoek wat haar portret in ’n vuilgoeddrom gegooi het. Sou ’n mens om watter rede ook al kwaad raak vir die LUR, is dit gerusstellend om te weet dat ’n foto van haar amper altyd byderhand is. Die rede hiervoor is nie net haar amptelike portret wat in hospitale in die provinsie rondhang nie, maar ook omdat sy so prominent pryk in haar departement se kalender vir 2008 (moenie vra waarom KZN se gesondheidsdepartement sy eie kalender het nie). Haar foto versier dié kalender se voorblad. En die Januarie-bladsy. En Februarie. En April, Mei, Junie, September, November en Desember. En op nasionale vlak? Noudat daar nie meer veel oor is in haar eie departement om totaal op te Manto nie, soek ons minister van GESONDHEID! ’n nuwe terrein waarop sy vernietiging kan saai. “Indien ander pogings misluk, sal ons gereed maak vir die nodige wetgewing om kospryse te beperk,” moes ons hoor. Aangesien haar geskiedenis nie juis moed gee dat haar ander pogings nié gaan misluk nie, moet ’n mens aanvaar sulke wetgewing is ons voorland. ’n Mens se eerste reaksie is dat sy ekonomie bestudeer het by dieselfde instelling as waar sy aspekte van geneeskunde bemeester het, maar dalk het sy tog ’n punt beet (of ’n beet punt). Is Manto dan immuun? Lood weet nie of die Afrika- of ander aartappels ook help om ’n mens se politieke immuniteit ’n hupstootjie te gee nie, maar dis darem opvallend dat einste Manto post-Polokwane steeds aangaan asof niks verander het nie. Kry só jou naam in druk Hier is ’n wenk vir belangrike mense wat met koerantmense praat: As jy dóódseker wil maak jy gaan sleg lyk, dreig eenvoudig die verslaggewer. Soos in: “Jy is nie hier met sommer net enigiemand besig nie. S’bu sal jou koerant vat en versnipper. Dan gaan jy huil en jou lewe kan dalk in gevaar wees. Jou familie sal huil.” Of: “Hy het geen misdaad gepleeg nie, so dit is nie die media se saak nie. Noem my naam sonder toestemming in jou koerant en ek tree op teen jou.” Zille se naakstudie Lood vermoed daar’s iets verkeerds hieraan, maar hy kan (en wil) nie sy vinger daarop sit nie. Ter sake is die wêreldbekende Australiese kunstenaar bekend as Pricasso, ’n man wat, sal ons nou maar sê, skilder met ’n instrument waaroor vroue nie gewoonlik beskik nie. (As ’n Australiër misverstaan hy heel moontlik die oorsprong van die term “penal colony”, maar dit daar gelaat.) Die heer stal tans uit by die Sexpo in Kaapstad, waar hy besoekers trakteer deur die stad se imposante burgemeester op doek te verewig. Oppas vir die weerlig Lood verwelkom die staatshoof in die geledere van die land se misdaadslagoffers, maar hy wonder waarom die man sulke duur weerligbeskerming daar by sy huis nodig het. Gegewe wat sy opvolger deesdae kwytraak oor hoe lank die ANC nog gaan regeer, is Zuma dalk eerder die een wat só versigtig moet wees.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|