Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    By: Is vergifnis steeds moontlik?
    May 09 2008 08:54:09:690PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    As deel van die Suid-Afrikaanse kontemporêre geskiedenis lui die volgende woorde steeds hoopvol, basuin dit steeds ’n algaande meer verborge hoop; daar is steeds “the need for understanding but not for vengeance, a need for reparation but not retaliation, a need for ubuntu but not victimisation”.

    Dié woorde het die fondasie gelê vir wat later die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) sou word. Die woorde was veronderstel om die vrese van almal aan te spreek wat voor die kommissie sou kom getuig. Die woorde was veronderstel om as ’n eerlike en opregte verklaring van die kommissie se intensies en doelstellings gelees te word.

    Ina Rousseau se gedig “Kallus” eindig met die woorde: “Uit wondweefsel is ons saamgestel.” Die gees mag dalk gewillig wees om te “vergewe en vergeet”, maar die sigbaarheid van vele littekens en letsels wakker die geheue juis aan, hou die wrede verlede juis pynlik sigbaar.

    Hierdie versreëls openbaar ook die vele foutlyne wat enige verhouding tussen individue onderlê: Een het teen ’n ander gefouteer. Hul verhouding sal nou, geredelik en gedurig, hierdie verlede moet onderhandel. Die verlede bly dus steeds aanwesig. Dit kan nie bloot uitgewis word nie.

    Volg ’n mens die logika van Jacques Derrida wat die opmerking gemaak het dat vergifnis die onvergeeflike vergewe? Die filosoof het hom op religieuse taal beroep om uiting aan hierdie besonderse daad van vergifnis te gee, wat weer eens die dualisme van liggaam en gees voorstel (die gees is gewillig maar die liggaam onthou).

    Hierdie vergifnis is verwyder van die ekonomie wat dikwels sulke onderhandelings verydel. Die een wat vergewe verwag niks in ruil daarvoor nie. Daar is geen terme of voorwaardes aan verbonde nie. Vir die siniese, agterdogtige mens is hierdie vergifnis onmoontlik, ’n wasige en irrasionele droom. As vergifnis die onvergeeflike vergewe, is dit sekerlik regverdig om voor te stel dat die mens vergifnis vra vir die onvergeeflike.

    Studies van die Waarheids-en-versoeningskommissie het getoon dat slagoffers wel ’n mate van opoffering van die oortreder verwag het alvorens hulle kon vergewe. Die aanhoor en deel van verhale, hierdie intieme interaksie tussen mense, moes ’n integrale deel van hierdie helende prosesse wees. Die persoon moes ware berou toon – gesien as ’n eerste stap tot die heling van slagoffer en oortreder, hierdie erkenning van hul gedeelde menslikheid.

    In sy voorwoord tot die finale bevinding van die kommissie se ondersoek noem dr. Desmond Tutu die moontlike impak van ’n opregte apologie van die Britse gemeenskap aan Afrikaners vir konsentrasiekampe en die effekte van die Anglo-Boereoorlog.

    Maar tot dusver was ook die Britse ryk doof vir die verhale van lyding aan die hand van hul wrede sisteme tydens hierdie tye. Hierdie ontkenning van Afrikaners se lyding aan die Britse hande het ook veel leed aan die Afrikaner gedoen.

    (Wat hy dus verduidelik is dat ons uit die verlede geleer het, laat ons nie weer dieselfde foute maak nie. Laat ons mekaar hierdie geleentheid gun.)

    FW de Klerk is wel gekritiseer vir sy verskyning voor die kommissie. Tutu het self ten hemele geskree dat die man ’n gulde geleentheid verbrou het om ware berou te toon en so waarde tot die kommissie se werk te voeg.

    Terwyl vele mense aanspraak maak op die WVK se mislukte prosesse was ’n groot deel van hierdie mislukking te wyte aan oortreders wat nie ten volle aan die prosesse deelgeneem het nie. (Hoe arrogant om op die waardigheid van ander aanspraak te maak wanneer jy juis besig is om die waardigheid van ander te ontken.)

    Ook PW Botha se uitdagende houding teenoor die kommissie was sprekend hiervan, en het daardeur sekerlik veel skade aan sy volk se aansien gedoen in die oë van hul landsgenote.

    So het die Nuwe Nasionale Party ook in sy versoek geslaag dat verskeie van die bevindings van die finale verslag verwyder moes word. Dit terwyl sowel Botha as De Klerk, die twee apartheidspresidente wat voor die kommissie verskyn het, heftig alle kennis van wandade ontken het.

    So lees reëls uit Wopko Jensma se gedig “I Come”: “a little tenderness/ a little care/ only hardens my heart”.

    Ingrid de Kok skryf in haar bundel Terrestrial Things die gedig getiteld “A commander grieves on his own”. Sy neem verklarings aan die WVK as inleiding tot haar gedigte. In hierdie gedig is die inleidende woorde van ’n weermaglid.

    Die man vertel dat hy, moontlik weens sy streng jeugjare en die harde wêreld van die weermag, geen emosie kan toon nie, selfs nie in die oomblik van diepe berou nie.

    De Kok skryf in haar gedig dat die man wat nie deel wou neem aan die formele seremonie van die WVK nie, hopelik sy eie private seremonie gehou het, een waarin hy homself simbolies kon was deur die ou kentekens te verwyder: “I like to think instead/ he opened his ruled heart in silence,/ unpinned the old brazen medals/ in a solitary corridor,/ in solitary ceremony.”

    Hoewel die digter hoopvol is dat die man berou sou toon, en op hierdie wyse sy menslikheid kon herwin, is daar steeds die ondertoon van sy eensaamheid. Hy het nie aan die gemeenskaplike proses deelgeneem nie.

    Waarom die insluiting van gedigte in ’n bespreking oor die moontlikheid van vergifnis? J.M. Coetzee se woorde verklaar: “The deformed and stunted relations between human beings that were created under colonialism and exacerbated under what is loosely called apartheid have their psychic representation in a deformed and stunted inner life. All expressions of that inner life, no matter how intense, no matter how pierced with exultation or despair, suffer from the same stuntedness and deformity.”

    Die stories van ander, hul gedigte en gedagtes, het veel om ons te leer.

    Pumla Gobodo-Madikizela, ’n kliniese sielkundige en voormalige lid van die WVK, beaam die helende effekte van deelname en erkenning.

    Vir die slagoffer bied die geleentheid om te spreek en aangehoor te word ’n erkenning wat essensieel is vir slagoffers van trauma.

    ’n Apologie met algehele afwesigheid van deernis en medelye is nie vergifnis waardig nie. Om mense op hierdie wyse wreedaardig erkenning te ontneem, om in ’n eie behoefte aan vergifnis te verdrink sonder om eers aan die ander se lyding erkenning te gee, is bloot ’n voortsetting van die wandaad.

    Die finale verslag van die WVK verklaar dat Adriaan Vlok openlik voor die kommissie gelieg het, net om later tydens sy amnestie-aansoeke te probeer om sy vergrype reg te stel deur daarvoor verskoning te vra. Vergifnis kan nooit die oorspronklike daad ongedaan maak nie.

    Dit herroep egter die oortreder tot die mensdom en lê weer die fondasie vir verdere medemenslike interaksie.

    Sy teatrale openbare gebare veel later sou juis die leegheid van daardie aanvanklike apologie asook hierdie behoefte aan verdere vergifnis ontmasker.

    ’n Gedig van Shabbir Banoobhai, geneem uit sy bundel Inward sun/ Outward moon, illustreer juis die onmoontlikheid van vergifnis, hoe moeilik dit is om die terme en taal daarvoor te vind, asook ’n gedeelde menslikheid: “we are all christ/ all crossed and mixed up/ in one muhammad/ moses, buddha/ all messed and mucked up/ in one body/ lonely, cold and alone/ blind in one eye/ not trusting the other/ standing with our feet in flames/ wanting to warm our hearts”.

    Daar is bepaalde menslike behoeftes wat universeel is. Dit is ’n deurmekaar wêreld met geen presiese padkaarte nie. Elke saak word op eie meriete beoordeel. Vergifnis word gevra, met deernis en eerlikheid. Daar word nie eise voor gestel nie. Daar word nie op aanspraak gemaak nie. Dit word nie verwag nie.

    Reeds in die voorwoord van die WVK se finale verslag het Tutu hierdie wanopvatting van die apologie/vergifnis- interaksie aangespreek: “The trouble is that there are erroneous notions of what reconciliation is all about. Reconciliation is not about being cosy; it is not about pretending that things were other than they were. Reconciliation based on falsehood, on not facing up to reality, is not true reconciliation and will not last.”

    Dat die kwessies van apologie en vergifnis weer opgeduik het, soveel jaar na die WVK, noop ’n mens om weer krities oor hierdie prosesse te dink.

    Dalk was die grootse gebare van jammer sê nie werklik opreg nie. Dalk het te veel tyd verby gegaan, is te veel geleenthede intussen verspeel. Dalk is die gevolglike skade onherstelbaar.

    Dit was nie ware versoening nie. It could not last.

    . Jacques Swart is ’n taalonderwyser en skrywer.

    ’n Apologie met algehele afwesigheid van deernis en medelye is nie vergifnis waardig nie. Om mense op hierdie wyse

    wreedaardig erkenning te ontneem  .  .  .  is bloot ’n voortsetting van die wandaad.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |