Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Seepkis: Hoe de duiwel kan postmodernes sê Satan bestaan nié ?
May 13 2008 07:08:55:123PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Adrio König


Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.

’n Paar redenasies word aangevoer om ons te oortuig dat dit eintlik sleg is om te glo daar is ’n duiwel. Die sterkste redenasie is blykbaar dat mense wat dit glo, nie meer verantwoordelikheid vir hul dade aanvaar nie. Die duiwel sou hulle dan verlei en oorheers sodat hulle nie eintlik ’n keuse het nie.

Daar is sekerlik sulke gevalle en dit is net so seker ’n baie slegte lewenshouding. Een van die hoekstene van ’n gesonde samelewing is dat ons verantwoordelikheid vir ons lewe en ons dade aanvaar.

Dit is egter interessant dat die boek waarin ons die meeste van die duiwel lees, niks weet van dié nadelige gevolg indien jy aanvaar daar is ’n duiwel nie. Dié boek het baie verhale oor mense wat ondervindings met bose magte gehad het. Dit is ook vol waarskuwings teen die mag van die duiwel. Maar die opdrag is deurgaans dat jy die duiwel moet teenstaan. Daar word selfs middele beskikbaar gestel waarmee jy sterk teen die bose magte weerstand kan bied.

Dit dui natuurlik alles daarop dat jy die volle verantwoordelikheid het om nie onder die duiwel se invloed en mag te kom nie. Dit beteken natuurlik ook dit is jou eie skuld indien dit gebeur en dat jy die volle verantwoordelikheid daarvoor dra.

’n Ander redenasie is dat die gedagte van die duiwel en bose magte deel was van die premoderne wêreldbeeld. In die ou tyd het die mense nog in hierdie vreemde dinge soos engele, bose magte en wonderwerke geglo. Maar intussen het die wetenskap ons van al dié oortuigings vrygemaak.

Ons is nou vrye mense wat nie meer onder al die verouderde idees gebuk gaan nie. Ons weet nou daar is nie sulke vreemde goed nie en het boonop die mediese en psigiatriese wetenskappe en beroep om ons met ons probleme te help.

Hierdie wetenskappe doen baie om baie mense met probleme te help. Maar hóé het “die wetenskap” bepaal daar is nie ’n duiwel en bose magte en engele en wonderwerke nie?

Ek weet nie van waarnemings of eksperimente wat uitgevoer kan word om dit te bepaal nie. Hoe kan sommige mense dan sulke kategoriese uitsprake lewer oor iets waartoe hulle op wetenskaplike wyse nie toegang het nie?

Want intussen is daar baie mense wat vertel van ondervindings met bose magte en engele, en van wonderwerke. Sommige verhale klink onoortuigend en selfs vergesog. Maar baie ander klink nogal soos die verhale in die boek. Hoe sal jy nou wetenskaplik bepaal dié verhale is onsin?

Natuurlik is daar mense wat hulself met goeie reg beskou as “by” en denkend en goed ingelig. Sommige sal beklemtoon dat hulle nog nooit sulke dinge gesien of beleef het nie. Dit kan sekerlik waar wees.

Maar kan ons vir álle mense wat van sulke ondervindinge vertel, met stelligheid sê hulle praat onsin, hulle dink maar net hulle het sulke dinge beleef? Op watter gronde doen ons dit?

Ek hoop ek is self “by” en denkend en ingelig. Ek moet eerlik sê ek het nog nooit ondervindings gehad wat ek aan sulke dinge kan toeskryf nie. As dit van my ondervindings afhang, is daar nie ’n duiwel of bose magte en engele en wonderwerke nie. As dit van my ondervinding afhang, het Jesus ook nie opgestaan nie. Ek het nog nooit ’n graf gesien wat oopgegaan het en iemand wat op die rand sit nie.

Maar gee dit my die gesag om kategories te verklaar dat omdat ék dit nie beleef nie, bestaan dit nie? Het dit nie iets met “imperialisme” en arrogansie te make nie?

Nog iets: die boek van netnou. Sê nou ek het sterk gronde om te glo wat in dié boek staan? Sou “die wetenskap” met verantwoordelike waarnemings of eksperimente kon aantoon ek vergis my?

En sê nou dit lyk my die duiwel en die bose magte en die engele en die wonderwerke en die opstanding is wesenlik deel van die boodskap van hierdie boek? Sê nou dit lyk my dis ’n kunsmatige skeiding wat ek maak as ek nog in God wil glo, terwyl ek al die verskynsels verwerp wat deel van sy wêreld uitmaak?

Is dit nie vreemd dat mense wat juis daarop aanspraak maak dat hulle postmodern is, kategoriese uitsprake oor waarheid wil maak nie?

Hulle aanvaar dan juis nie meer dat daar een algemene waarheid is nie. Hulle is dan oortuig elke mens of elke groep mense formuleer hul eie waarheid. Maar dan kan hulle mos op die beste (of slegste?) sê hulle glo nie daar is sulke dinge nie.

Ons moenie alles wat ons pas, op die waentjie van die postmodernisme gooi nie. Sy vrag word te swaar. Hy gaan breek.

  • Adrio König is ’n teoloog van Pretoria.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |