Vergeet die kiste goue juwele, skatkaarte op sanderige eilande en rumpartytjies op die dek. Gyselaar-maagde en kwasjiorkor op die diepsee? Dis so 1600.
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
“It doesn’t matter where you start, sir, it’s where you stop!” Die afslaer Steve Davis, wat van Auckland, Nieu-Seeland, ingevlieg is, skerts met een van die kopers wat vir vanaand se veiling van jaaroudvullens die ouditorium van die Volbloedtelersvereniging se verkoopkompleks by Gosforthpark in Germiston vol sit.
Sy gesig is kalm, amper sereen, wanneer hy in die stampvol lokaal uit sy boek voorlees: “Our love, for me now, is a sublime love, which is certainly the strongest kind of love, achieved possibly only when two people’s souls fit together like the pieces of a puzzle.”
In die geskiedenis van kuns vind ons baie voorbeelde van glimlaggende vroue, maar nie een daarvan ontlok soveel bespiegeling soos die enigmatiese “Gioconda-glimlag” nie.
D ie Andrew Murray-prys vir Afrikaanse Christelike boeke val nie sommer net in ’n mens se skoot nie.
Die ouer mense het mos elke nou en dan ’n album of ’n kunstenaar wat ’n groot hit onder hulle is.
Daar gaan byna nie ’n week in Suid-Afrika verby sonder nog slegte nuus oor die onderwysstelsel nie. Om maar enkele voorbeelde uit die laaste maande te noem: Dit blyk dat studente uit ’n gegoede agtergrond hulle tot misdaad wend om duur leefstyle te finansier; geweld in skole, ook teen onderwysers, bereik hoë vlakke; tienerselfmoorde neem toe.
Op my knieë sit ek, voor die boom, en tjank.
Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) in Suid-Afrika was ’n goeie idee, maar is swak uitgevoer.
|
Enige sinvolle bespreking oor grondhervorming moet begin by die erkenning dat daar geregtigheid moet wees vir diegene wat weens apartheid onteien is.
Dr. Mathews Phosa is kennelik nie iemand met fieterjasies nie.
Nou waar’t ek verlede keer opgehou oor hoe dit gebeur het dat ek gekom het waar ek is?
In die jongste uitgawe van die tydskrif Rolling Stone is ’n spotprent wat sen. Hillary Clinton uitbeeld in kamoefleerdrag met ’n haelgeweer in die hand, halfjekkie in die gatsak en tatoeëermerke van Jesus, ’n kopbeen en ’n kruis op die arm, terwyl sy op sen. Barack Obama gil.
Dindsagmiddag ry ek deur ’n dorp in die Karoo, verby die kafee, die kerk en ’n vaal klompie geboue.
Vir skrywers en alle literatuurgesindes is die toesprake van Nobelpryswenners, van Wole Soyinka (1986) tot Orhan Pamuk (2006), ’n kleinood wat permanent tot hul geestesbagasie gaan behoort, en om ’n eenvoudige rede: dit verteenwoordig ’n kollektiewe credo.
Op 16 Junie 1976 was ek predikant van die NG gemeente Primroseheuwel.
As deel van die Suid-Afrikaanse kontemporêre geskiedenis lui die volgende woorde steeds hoopvol, basuin dit steeds ’n algaande meer verborge hoop; daar is steeds “the need for understanding but not for vengeance, a need for reparation but not retaliation, a need for ubuntu but not victimisation”.
Dis 'n moeilike vraag: dié oor hoe korrup die polisie werklik is. En die antwoorde wat kenners bied, is uiters ontstellend.
Peggy Nkonyeni, KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, is duidelik nie skaam vir ’n kamera nie.
|