Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
UJ: As dit gratis is, sal sommiges ver gaan
Hoe ver sal ’n student gaan vir ’n freebie ? Kampus-Beeld het studente gevra om die malste en domste ding moontlik te doen – vir ’n geskenkie, natuurlik. Dit het so gewerk: Alles in die lewe het ’n prys. In dié geval moes jy betaal met jou eie selfrespek, in ruil vir pryse wat bestaan het uit ’n Chris Chameleon-DVD, ’n Levi’s-geskenkpak en twee CD’s van New Found Glory en Tokyo Hotel. Daar was geen keer aan die oorspronklike dog vreemde dinge wat studente sou aanvang vir dié pryse nie. Kampus-Beeld moes ons vasstaar in die “kameeltoondans”, ’n nuwe dans wat deur kreatiewe Vorendagers aanmekaar geslaan is. Daar was ook die nimlike voorval van Tanya Rossouw wat die lang pad tot by Mooimeisiesfontein gewaag het en in die fontein gaan rondplas het, in ruil vir ’n CD. Dit, terwyl honderde studente haar kaperjolle aangestaar het. “So what? Dit is vir ’n CD!” was haar woorde toe mense haar geestestoestand bevraagteken het. Die groot wenners was egter twee jong latte wat hulself pimpel en pers geval het deur hulle nuwe en unieke sport van bosduik aan die omstanders te demonstreer. Dit werk so: Jy hardloop en spring so hoog soos wat jy kan in die naaste bossie (of boom) in. Daarna val jy jouself te pletter op die grond, totdat jy so amper-amper in die wit lig se rigting wil beweeg. Hierna skree jy so hard soos wat jy kan dat dit die moeite werd was. “Shake” en “Keemo”, UJ se twee bosduikers, is vir hul moeite met ’n DVD en die Levi’s-geskenkpak beloon.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|