' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tuks: Kommunes in roof-visier
Apr 29 2008 06:08:16:137PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mia Willemse en Idéle Esterhuizen


“Sit jouself in die skoene van ’n skelm en kyk of jy by jou eie kommune kan inbreek.”

Dít is die raad van mnr. Colin Fouché, direkteur van veiligheidsdienste by die Universiteit van Pretoria (UP), aan studente wat in kommunes bly en uitgelewer is aan die huiseienaars om behoorlike veiligheidstelsels aan te bring.

Dit kom nadat ’n paar kommunes sedert die begin van die jaar onder rooftogte deurgeloop het.

Fouché sê een van kommunes se swak punte is die feit dat dit so informeel bedryf word.

“Dit is gewoonlik ’n paar uiteenlopende studente wat saam bly wat nie dieselfde siening het oor baie dinge nie, veiligheid inkluis. Sommiges sal die deure sluit en ander nie. Daar moet ’n eensgesindheid oor veiligheid, die hantering van sleutels en gaste in ’n kommune wees,” sê hy.

Insp. Klaas van der Kooi, polisiewoordvoerder, stem hiermee saam. Volgens hom kan rooftogte by kommunes veroorsaak word deur die deurloop van mense in die huis.

Hy het gesê ’n deurloop van mense en deure wat op dié manier oopgelos word, skep veiligheidsrisiko’s.

Volgens hom teiken misdadigers huise waar hulle weet baie geld of duur toerusting is.

’n Inwoner van ’n kommune in Charlesstraat sê die gebrekkige sekuriteit by hul kommune het al hul lewens in gevaar gestel.

“Een van die studente het een aand laat ingekom toe twee boewe by die elektriese hek ingeglip het. Hulle het by die kombuisdeur ingeloop en rustig vir almal gesê om op die mat te lê. Ons is met ’n geweer aangehou terwyl die ander een die laptops en selfone uit die kamers weggedra het,” vertel hy.

Niemand is in die voorval beseer nie. Inwoners is egter bekommerd dat so iets weer kan gebeur aangesien elektriese heinings steeds nie om die perseel opgesit is nie.

Die studente meen hulle is uitgelewer aan die huiseienaar se welwillendheid.

Fouché sê studente wat ’n kommune begin, moet seker maak daar word in die huurkontrak aan hul veiligheidsvereistes voldoen.

“Maak seker die huurkontrak bepaal dat daar by al die vensters diefwering is en dat veiligheidsdeure, elektriese heinings en ’n goeie elektriese hek ingesluit word.”

Hoewel kommunes nie onder UP se veiligheidsdienste se jurisdiksie val nie, sal die departement studente bystaan indien hulle by hul kommune aangeval word.

“Uit ’n welwillendheidsoogpunt sal ons hulp soos traumaberading en saakwaarneming verskaf as studente ons vra,” sê Fouché.

Ilani Vonk, ’n tweedejaar-fotografiestudent, woon in ’n kommune in Burnettstraat. Sy is tevrede met die veiligheid by haar kommune, maar meen die probleem lê by parkeerplek.

“Omdat parkeerplek in die erf so beperk is, moet kuiergaste hul karre buite op die sypaadjie parkeer en dis hier waar die moeilikheid inkom. Baie karre is al so gesteel.”

Van der Kooi staaf hierdie stelling deur te sê motordiefstal en geweldsmisdaad is van die grootste probleme in die gebied.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |