' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tuks: Dief met sak op LC vasgetrek
Apr 29 2008 06:08:08:060PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Liela Magnus


) “Ek was verbaas. Ek het nie gedink sulke goed gebeur daar nie.”

Dít was Dian Carstens (21), ’n student by UP, se reaksie toe veiligheidsbeamptes sy sportsak aan hom terugbesorg het. Hy het sy sak teruggekry voordat hy geweet het dit is by die LC de Villiers-sportgronde gesteel.

Een van die veiligheidsbeamptes in gewone klere het ’n verdagte persoon opgemerk en gevolg tot waar hy die sak opgetel het. Hy het die man toe voorgekeer. Die sak was dié van Dian en die man is in hegtenis geneem. Dian het sy horlosie, beursie en klere teruggekry.

Die man sal binnekort in die hof verskyn.

) ’n Man wat sowat twee jaar gelede gedink het hy het ’n groot slag geslaan by verskeie sportklubs by die LC de Villiers-sportgronde, sit nou agter tralies.

Lebo Mothahung het by die Astro-hokkieklub, die rugbyklub en krieket en tennis se klubhuise ingebreek. Hy is gevang toe hy met sy buit onder sy arm by die hek deur ’n veiligheidswag gekonfronteer is.

Mothahung is gevonnis tot twee jaar direkte tronkstraf.

) ’n Man wat gedink het hy kan van die sinkplate by die Miertjie le Roux-proefplaas naby Rayton steel, het ook sy rieme styfgeloop.

Mr. Mathebe is gevang terwyl hy 15 sinkplate en twee deure op sy bakkie gelaai het.

Mathebe het skuldig gepleit op ’n aanklag van diefstal en is gevonnis tot ses maande tronkstraf of ’n R4 000-boete wat opgeskort is vir vyf jaar.

) ’n Coin-veiligheidswag, M.A. Nkomo, is tot ses maande tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag van diefstal.

Hy het verlede jaar ’n mikrogolfoond uit die IT-gebou gesteel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |