' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Puk: Hardebaard van PUKfm gaan sy kennis op MK ten toon stel
May 04 2008 04:27:51:420PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elaine Coetzee

Wanneer ’n student al langer as ses jaar op kampus is, verdien hy teen dié tyd ’n plekkie in die kollig.

Edohan Burger, wat vanjaar vir sy sewende jaar op die Puk gaan, is gekies om deel te neem aan die Grysstof Hardebaard-kompetisie wat deur MK aangebied word en op hul nuwe show, MK kampus, gaan verskyn. Hardebaarde (die oudste studente op kampus) van Maties, Tuks, Kovsies, die Puk en UJ neem deel aan die kompetisie en die wenner word gekies op grond van die aantal stemme van die kykers.

Vir die lang tydperk wat Edohan al op die Puk is, word hy die meeste deur studente herken as “die man van PUKfm.” Dit is immers hy wat die stryd aangevoer het om uiteindelik ’n lisensie aan PUKfm toegeken te kry.

Edohan se liefde vir die radio- en uitsaaiwêreld het in sy eerste jaar al begin toe hy begin DJ het by geleenthede nadat hy agtergekom het daar is ’n leemte vir so iets in Potch.

Reeds in sy tweede jaar is hy verkies as SR-lid, met Radio Puk as portefeulje. Dié posisie het hy vir twee termyne volgestaan.

Radio Puk het einde 2005 wegbeweeg van die SR en het deur Edohan se passie en uithouvermoë en ná ’n lang struweling ’n driejaar-laekrag-gemeenskapslisensie vir die stasie bekom.

Intussen is hy al getroud met sy pragtige vroutjie, Elizna, en werk tans by BEK (die Puk se bemarking- en kommunikasie-afdeling) terwyl hy nog besig is met ’n paar vakke sodat hy sy honneurs in sielkunde kan doen.

Wanneer hy nie besig is by PUKfm nie, geniet hy dit om te braai en vis te vang.

Hy beplan nie om gou van die Puk weg te gaan nie. “Eers wanneer PUKfm op só ’n standaard is dat ek dit maar kan los, sal ek ophou om daar betrokke te wees,” het hy gesê. Dit maak hom die heel gelukkigste as die doelwitte wat hy gestel het, bereik word en alles in plek val.

“Geluk op ’n ligter noot – ’n braai langs die dam, met ’n visstok en musiek in die agtergrond,” voeg hy laggend by.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |