Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Puk: Krygskuns kweek waardes
Mense dink maklik dat karate ’n manier is om gat te skop en daai ou te wees vir wie almal bang is. Dit is die Hollywood-weergawe. In die regte wêreld is dit ’n leefstyl wat baie toewyding en selfdissipline verg. Tang Soo Do, ’n Koreaanse krygskuns en selfverdedigingstegniek, is ’n lewensperspektief wat gebaseer is op die Oosterse kultuur. Die kuns is oorspronklik afkomstig van die T’ang-dinastie in China (617-907 nC) wat gedeeltelik hul kultuur met Korea gedeel het. Tang Soo Do is ’n leefstyl en kuns wat strewe om die natuur as ’n realiteit te verstaan en te waardeer, deur die wette van die natuur op ’n praktiese manier uit te voer en só een daarmee te word. Om die kuns te bemeester, moet ’n individu sy siel bestudeer om die gemoedstoestand van Moo Shim te bereik, wat Westerse filosowe selferkenning noem. Dié krygskuns ontwikkel karaktertrekke soos selfdissipline, selfagting, respek vir jou medemens en vasberadenheid in alles wat jy aanpak. Dit doen ook wondere vir jou gesondheid. Gereelde meditasie en oefening is ’n goue reël in die Tang Soo Do-kultuur. Dit hou jou soepel en help met konsentrasie. ’n Mens hoef nie enorme spiere te hê om jouself effektief te kan verdedig met dié styl van gevegkuns nie. Die styl fokus op die sentrum van jou liggaam en die momentum van jou aanvaller. As iemand jou aanval, gebruik jy sy momentum teen hom en as jy slaan, skree jy om die meeste krag te gebruik. Die gebruik van jou heupe en balans is die sleutel om die meeste krag op te bou. Die oefeninge word in Koreaans aangebied en daar is streng voorgeskrewe reëls vir die kommunikasie tussen leerlinge en instrukteurs. Dit verg harde werk en baie groot toewyding tot die kuns. ’n Individu begin met ’n wit gordel en word jaarliks gegradeer en sy tegniek, krag, fiksheid en vermoë word getoets. Dit neem omtrent tien jaar voor ’n mens swartgordel-standaard bereik.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|