Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Puk: Sonder ons 'gadgets' leef? Nee, nie dit nie!
As jy kaal voel sonder jou iPod en verlore is sonder jou selfoon, is jy beslis ’n tegno-gek wat nie sonder jou geliefde gadgets kan klaarkom nie. Die 20ste en 21ste eeu het tegnologiese wonderwerke tot ons samelewing gelewer, soos die vermoë om jou hele musiekversameling by jou te dra, of om blitsig inligting oor die wêreld heen te stuur. As moderne stedeling is jy heel moontlik so in hierdie IT-era vasgevang dat dit moeilik is om aan ’n lewe sonder dié toebehore te dink. Die selfoon Die stukkie tegnologie wat almal – van laerskoolkinders tot die vrugteverkoper langs die pad – by hulle dra. Dié kommunikasiewonder het groot transformasies ondergaan: van die “baksteen” wat net sakemanne kon bekostig tot ’n sexy klein multimedia-toestel belaai met hoëspoed-internet, ’n vyf-megapixel -kamera en tonne ander funksies wat net vir die totale nerds tussen ons beskore is. Edulink Hoeveel keer het jy eers teen 23:59:59 daai taak gaan oplaai? Laat geslaap en klasnotas sommer afgelaai? Hoewel Edulink soms tot groot frustrasie kan lei, en Turnitin seker maak jy pleeg nie plagiaat met iemand in Japan se taak nie, is dit steeds baie behulpsaam. Facebook is die nuwe gesig van sosiale netwerke en word by baie maatskappye verban omdat dit die werknemers se produktiwiteit glo beïnvloed. Jou gr. 4-liefde word nou elke dag op hoogte gehou van hoe opwindend jou ontbyt was met jou status update, terwyl die voorsitter van die kerkraad al die foto’s kry van waar jy dronk op die tafels dans by die Jool. Die internet bied ook ander wonderlike skatte soos YouTube, Google se gewilde Gmail, Flickr, en natuurlik die ou staatmaker vir ’n taak wat laat is: Wikipedia. iPod Die geboorte van die iPod het die musiekwêreld soos ’n veldbrand bestorm. Ná verskeie pogings van Apple se kompetisie, brand dié vuur selfs warmer (en aantrekliker) as ooit. Sodra jy jou swaarverdiende sakgeld blaas op die nuutste model, kom daar ’n kleiner, beter een uit. TV-speletjies- consoles Vir die-hard-liefhebbers van TV-speletjies heers die debat oor watter van die nuwe generasie consoles koning kraai: Microsoft se Xbox 360 of Sony se Playstation 3 of hul laer grafikavriend, die Nintendo Wii? Daar is ook nog die Sony PSP en Nintendo DS om seker te maak jy mors nie jou tyd by daardie laatmiddagklasse nie. Televisie en PVR Natuurlik kan die goeie ou televisiestel nie uitgelaat word nie, hoewel die meeste studente deesdae die nuutste TV-reekse van die VSA op hul rekenaars oor die internet volg. Vir sofapokkels het MultiChoice se PVR die televisie-ervaring heeltemal omskep. Weg is die dae van advertensies en programme wat jy gemis het. Laat goeie ou PVR dit vir jou opneem en kyk dit wanneer dit jou pas – sonder Bob en Nige wat CTM-teëls aan jou smous. Dit is natuurlik onmoontlik om alle tegno-wonders te noem. En almal het hul skuldige plesiertjies, soos ’n skelm ronde Solitaire of daai dating-webwerf met die twyfelagtige mense op.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|