Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tuks: Die manne soek woes na nuwe idees en uitdagings
Jy hoor die klanke van ’n kitaar wat luid en vol selfvertroue gespeel word wanneer jy by die nogal deurmekaar huis instap. Francois Strydom (rhythm kitaar) lyk half verskonend. “Dis ons lead guitarist daai. As hy eers ’n kitaar optel, dan weet hy van niks wat om hom aangaan nie.” Hy gaan sit op die bank voor die televisie, wat op MK aan is, toe Ryno Holm inkom. Hy is netjies aangetrek en lyk bietjie afgemat. Na ’n vol dag as ingenieur by Sasol speel hy na-ure dromme vir Die Soektog. Dié band het sy ontstaan te danke aan Effenzef, ’n band wat deur vyf vriende in Maroela begin is. Effenzef het so vier jaar lank saam gespeel, maar het “disconnected gevoel tussen dit wat ons met die liedjies bedoel het en hoe dit oorgekom het”. Toe die hoofsanger poliepe op sy stembande gekry het, is Effenzef ter ruste gelê. Dit was vir die oorblywende lede ’n kans om terug te gaan na wat hulle oorspronklik met die band wou bereik. En die nuwe band is oop vir nuwe idees en meer pret, sê hulle. Die band werk die laaste ruk aan pre-produksie vir hulle vollengtealbum en beplan baie vertonings vanjaar. Hulle tree tans so een keer per week op maar gaan van nou af “rof begin gig”. Hulle wil nie in ’n genre gedruk word nie en beskryf hul styl bloot as rock. Oor hul vertonings self voel hulle baie rustig. Hulle wil nie stadions uitverkoop nie, maar sal gelukkig wees as iemand tydens ’n vertoning geïnspireer word. Hulle wil net ’n paar mense raak, en bietjie laat dink oor “die soektog”. Gif (Francois Kruger op lead kitaar) het met die naam vorendag gekom. Hy sê dit verwys na vrae wat antwoorde soek. Vrae soos wie jy is, wat jy met jou lewe moet doen, en die soektog na antwoorde. Deel van die punt van die naam is ook om jouself te soek en nie net in goed gedwing te word deur ander nie. Gif, Ryno en Francois is die enigste lede wat van Effenzef se dae oorgebly het. Jaco le Grange (sang) en Mark Peeters (baskitaar) het eers later bygekom. Die vorige band het deur vyf baskitaarspelers gegaan, maar nie een het gewerk nie. Toe besluit hulle, ’n week voor hul eerste vertoning, om hulle grootste roadie te leer baskitaar speel. En nou is Mark deel van die band. Jaco is ’n klankingenieur en was saam met Francois op skool. Hy is dadelik genader toe die nuwe band op die been gebring is. Jaco en Ryno is die enigste lede van Die Soektog wat nie studeer nie. Effenzef is dood. Lank lewe Die Soektog!
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|