' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


UJ: Hipnose kan jou help met angs
May 06 2008 03:38:34:330PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hipnose word gebruik om talle kwale en toestande te behandel. Foto: Hesca Ebersöhn
Narda Engelbrecht

As jy gedink het hipnose word net op televisie of die verhoog gebruik om mense soos hoenders te laat kekkel, lees gerus verder.

Hipnose, afgelei van die Griekse term hypnos, wat “slaap” beteken, is ’n beswymingstoestand wat ’n mens ervaar tydens ’n induksie deur ’n mediese dokter of spesialis.

Dié tegniek word onder meer gebruik om angstigheid te verlig of om ’n mens se optrede te verander.

Dit word wel onder meer vir vermaaklikheidsdoeleindes gebruik. Iemand word dan spesifiek onder hipnose geplaas om vreemd op te tree en so ’n vrywilliger moet bereid wees sy naam krater te maak vir die vermaak van die gehoor.

Volgens die kliniese sielkundige dr. Charles Henderson, ’n spesialis in die hipnoseveld, is hipnose net so veilig soos enige ander vorm van behandeling.

Hy sê op die webtuiste www.doctorhypnosis.com jy sal nie enigiets onder hipnose doen wat jy nie onder normale omstandighede sou doen nie.

Henderson sê hipnose ter wille van vermaak laat die persoon ’n “beveelde karakterverdraaiing” ondergaan. Dit gebeur weens die druk wat daar is om “op te tree” voor die gehoor.

Dié tipe hipnose laat jou reageer soos wat jy selde sou doen in die teenwoordigheid van ’n gekwalifiseerde mediese praktisyn.

Iemand wat onder hipnose geplaas word, sal ná die sessie elke detail van die dialoog met die dokter onthou. ’n Mens onthou tydens die sessie ook slegs gebeure wat jy gereed is om te onthou.

Volgens Henderson moet jy ook nie bekommerd wees dat jy nie weer sal “bykom” nie.

“Daar is die wanopvatting dat mens nie sal wakker word uit die hipnotiese beswyming nie.

“Dit is egter onwaar. Jy het vrywillig hipnose ondergaan en kom vrywillig uit hipnose.”

Gedurende hipnose lyk dit asof ’n mens slaap, maar jy is by jou volle bewussyn. Jy is ontspanne, maar psigologies wakker. Die persoon behou ten alle tye ’n vlak van begrip van sy omgewing.

Hipnose kan aangewend word vir ’n hele rits behandelings, van vrese en verslawings tot hulp met gewigsverlies, pynverligting, streshantering en verhoudingsprobleme.

Maar nie almal kan gehipnotiseer word nie en die effektiwiteit van die behandeling wissel van mens tot mens.

Jy kan ook nie iemand anders hipnotiseer om vir jou lief te wees nie. Dit bly steeds ’n wilsbesluit en geen mens (nie eens ’n mediese dokter) kan enige van jou denke beïnvloed of verdraai nie.

Dit is belangrik om te onthou dat hipnose nie ’n vorm van breinspoel is nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |