' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


UJ: Rugby is vervelig, probeer Buzkashi
May 06 2008 03:38:32:877PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Steve Gamp, van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal besig om die nuwe Zorb wêreldrekord vir die langste Zorbtog twee jaar gelede in Rotorua, Nieu Seeland op te stel. Foto: Yves Van der Haeghen
Mandus Momberg

Moeg vir rugby en al die vervelige sportsoorte wat so algemeen is soos pienk pels op ’n Ford Cortina se dash in Brakpan?

Kampus-Beeld het gaan soek na die vreemdste en interessantste sportsoorte.

Ralph Lauren op ’n ollie?

Die eerste vreemde sport wat ons stormgeloop het, bloot oor die grootte van die deelnemers, is olifantpolo.

Kyk, van groot-gaan weet hierdie sport baie. Dit is dieselfde konsep as polo op ’n perd, maar die perd word vervang met Oom Olifant.

Wepa (World Elephant Polo Association) bied elke jaar ’n tipe wêreldbekerkampioenskap aan. Tot dusver is Nepal, Sri Lanka en Thailand die voorlopers in dié kompetisie, maar volgens berigte op die Wepa-webblad is die Amerikaners besig om naam te maak in die sport.

Pas op vir die lammervangers

Vir ons tweede vreemde sport besoek ons die wonderlike land Afganistan.

Die nasionale sport daar is “Buzkashi”, uitgespreek Boezkasie, en word beskou as die sport van konings. Die sport word gespeel deur op die rug van ’n perd te sit en teen ’n vinnige galop ’n dooie, koplose lammetjie of kalfie op te tel, weg te jaag van jou teenstanders en dan die “bal” in ’n mandjie te gooi. Daar is geen reëls in dié spel nie, so gebruik jou verbeelding.

Die spel word ook aangebied in Tadjikistan en sentraal-Asië. As jy graag video’s wil sien van dié makabere sport, dis op YouTube beskikbaar by www.youtube.com/watch?v= 9IVToMmlLhk

Word ’n Zorbanaut

Wou jy al ooit gewigloos, nat en dronk gewees het? Nee, ons praat nie van hoe jy voel nadat jy in Hatfield gaan pub craw l het nie, maar van Zorbing. In dié sport klim jy in ’n groot, opgeblaasde plastiekbal wat gevul word met warm water en dan rol jy by ’n heuwel af, terwyl jy hoop en bid dat jy stop voordat jy die doringplantasie of snelweg aan die voet van die heuwel tref.

Zorb kom oorspronklik van Nieu-Seeland af, maar het later na die noorde van Amerika en dele van Europa versprei. Elke mens wat in ’n Zorb “ry”, kry ’n sertifikaat wat jou as ’n gesertifiseerde Zorbanaut bestempel. Dis ’n reusetoeriste-aanloklikheid en mense is glo gaande daaroor.

Wanneer gholf en duik mekaar ontmoet…

Ons volgende vreemde sportsoort kom ook uit Nieu-Seeland. Al ooit gehoor van scuba-driving? In dié maltrapsport trek jy jou duikpak aan, sleep jou gholfdrywer strand toe en probeer dan jou balle?tjie so ver as moontlik die see in slaan. As jy klaar is, gaan duik jy die balletjie uit. Gholfballetjies is mos duur, nie waar nie?

As sonbaai nie jou ding is nie

Vergeet van vlugbal en probeer die volgende twee sportsoorte vir ’n bietjie sports as jy weer op die strand kom.

In beach long jump hardloop jy en spring oor die twee (of meer) mooiste meisies wat op die strand lê en sonbaai. Jou sukses word gemeet in lywe, nie meters nie.

As jy regtig avontuurlustig voel, beveel ons die 100 meter dash from a pretty girl’s boy?friend aan. In dié sport kies jy ’n pragtige meisie met ’n ou, meet 100 m van haar af, trek ’n lyn, maak ogies vir die meisie, sê die ou sleg en laat spat na jou 100 m-lyn. Jy wen as jy die lyn haal sonder om geklap te word. As jy wil sien hoe dié dinge gedoen word, besoek www.weirdworld?ofsports.co. nz/.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |