' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


UJ: Gee jou siel vlerke deur joga, meditasie
May 06 2008 03:38:29:640PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Swami Isvaranada, 'n jogi van Johannesburg, word stil deur meditasie. Foto: Paul Marais
Paul Marais

Meditasie is die dissipline waar jy jou verstand fokus op ’n enkele gedagte of daad en daardeur innerlike vrede bereik.

Hoewel baie mense meditasie vereenselwig met Oosterse gelowe, beoefen amper elke geloof in die wêreld ’n vorm daarvan.

In die Christelike geloof is daar selfs teksverse in die Ou Testament wat mense aanmoedig om te mediteer.

Meditasie is ook goed vir jou gesondheid.

In ’n studie wat onlangs gedoen is, het ’n kardioloog, dr. James W. Anderson, bevind dat slegs 20 minute van meditasie elke dag jou bloeddruk met omtrent 20% kan verlaag.

Volgens Swami Isvaranada, ’n jogi van die Hari Krishna-sentrum in Johannesburg, gaan joga en meditasie hand aan hand en die een is nutteloos sonder die ander.

“Die doelwit van joga is die verwerkliking van God.

“Dit is ’n toestand van opheldering en vryheid,” sê Isvaranada.

Meditasie in joga is dus die siel wat hom van die menslike bewussyn afsluit om ’n toestand van heiligheid te bereik.

Isvaranada sê ook meditasie is die tegniek om jou siel voor te berei vir die dood, wat deel is van die lewensiklus van die siel.

“Die siel en die energie wat daaruit bestaan, is in ’n proses van evolusie.

“ ’n Mens sal nooit die verwerkliking van God bereik in een leeftyd nie.

“Dit is ’n proses wat in ’n onsekere aantal lewenstydperke gebeur en bereik word deur reïnkarnasie,” sê hy.

Isvaranada beklemtoon die fisieke voordele van meditasie.

“Meditasie is goed vir die liggaam, maar die liggaam is net materie, terwyl die siel vir ewig sal streef na verwerkliking.

“Meditasie maak jou brein vars, dit is baie ontspannend en dit is goed vir jou bloeddruk,” sê hy.

Meditasie, volgens dié jogi, is ’n geheime tegniek van joga en word slegs vir die lede wat ingewy word in die jogi-dissipline geleer, waar elke lid ’n persoonlike mantra wat gedreunsing word, ontvang.

Isvaranada sê die tegniek van meditasie wat hy beoefen, bestaan uit vyf dele.

Asana is die posisie wat ’n mens inneem, gewoonlik ’n gemaklike sittende posisie.

Pranayama is waar jou aandag gefokus word op jou derde oog, en jy let op jou asemhaling.

Pratyhara is wanneer jy begin om jou mantra te sing. Daarna rig jy jou fokus op die klank van jou mantra.

Dhyana is wanneer jy dieper in jou toestand van meditasie ingaan.

In die laaste fase bereik jy samadhi, waar ’n mens se psige stil word.

– Aanvullende bronne: Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |