' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


UJ: Laat jou brein asem skep met Joga 111
May 06 2008 03:38:27:907PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Begin vandag met joga in jou koshuiskamer en gee jou brein 'n kans om te ontspan.
Eretha Pienaar

Is jou stresvlakke hoog, jou humeur kort en jou gewoonlike glimlag M.I.A.?

Dan is dit hoog tyd dat jy jou tekkies gryp en begin oefen.

Oefening stimuleer jou brein sodat jou goedvoelhormone, oftewel endorfiene, vrygestel word en jy gelukkiger en meer ontspanne voel.

Endorfiene dien as ’n natuurlike antidepressant, veral as jy daagliks sowat 30 minute lank oefen, volgens die webtuiste exercise.about.com.

Joga, aerobiese oefeninge en Pilatus is veral goeie oefening wat vir jou lyf én verstand werk.

Daardie spasmas in jou skouers en nek sal verdwyn, jou spanningsvlak sal daal en jy sal ’n beter nagrus inkry – wat natuurlik jou studies ’n hupstoot sal gee.

As jy egter nie lus het om by ’n gimnasium aan te sluit of professionele joga- of Pilatus-klasse te loop nie, volg gerus Kampus-Beeld se Joga- en Pilates 111-oefenplan.

Herhaal elkeen van dié oefeninge ’n paar keer:

  • Lê plat op jou rug met jou knieë opgetrek.

    Plaas jou een hand op jou maag en haal diep asem. Konsentreer daarop dat jou vingers uit mekaar beweeg as jy asemhaal. Oefen druk op jou naeltjie uit as jy uitasem en voel hoe jou ribbekas beweeg.

  • Kniel op ’n handdoek of matrassie. Buig vooroor en sit jou hande plat op die vloer. Jou hande en jou skouers moet in ’n reguit lyn wees en jou knieë en jou heupe ook. Jou kop, nek en rug moet in ’n lyn wees.

    Asem in en druk jou sitvlak na bo terwyl jy jou skouers terugtrek.

    Druk jou skouers dan weer af, weg van jou ore. Asem uit en druk jou ken teen jou borskas. Sak vooroor sodat jou kop aan die grond raak terwyl jy al jou spiere laat ontspan.

    Herhaal die oefening vir vier tot ses asemhalings.

  • Lê op jou rug met jou arms langs jou sye. Buig jou knieë en hou jou voete en bene parallel met mekaar.

    Asem nou diep in en druk jou ruggraat teen die vloer terwyl jy uitasem.

    Asem in, asem uit en trek jou ruggraat weg van die vloer.

  • Lê op jou rug met jou arms bo jou kop uitgestrek. Buig jou knieë en hou jou voete en bene parallel met mekaar.

    Asem in en hou jou arms bo jou kop in die lug. Asem uit en laat sak jou arms weer tot op die vloer bo jou kop.

  • Sit regop met jou bene reguit voor jou uit. Asem in en strek jou arms skouerhoogte en -wydte voor jou uit.

    Asem uit en laat jou ruggraat vorentoe buig – dis ’n C-vormige beweging van die ruggraat.

  • Staan op jou knieë. Hou jou voete bymekaar, maar skuif jou knieë uit mekaar. Lê vorentoe met jou bolyf en hou jou arms bo jou uitgestrek.

    Haal diep asem en ontspan. – Bronne: pilates.about.com; exercise.about.com/cs/yoga/l/


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |