Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
UJ: Dié goed is skadelik vir jou lyf
Jy dink dalk jou sigaretjie nou en dan of die dieetpilletjie wat jy net soms drink het geen nadelige effek op jou lyf nie. Dan trap jy reg in die slagyster van wettige dwelms wat skynbaar geen gevolge het nie, maar in werklikheid jou brein skade kan aandoen, sê ’n mediese dokter van Potchefstroom. Dit beteken nie noodwendig jy moet nou ’n geheelonthouer word en net groentee drink nie, maar wees versigtig vir hoe jy die volgende middels gebruik: Alkohol Wanneer alkohol die brein bereik, tas dit miljoene senuweeselle aan wat dan jou kommunikasievermoë aantas. Dit beïnvloed jou vermoë om te sien, jou gehoor, spraak, jou vermoë om te oordeel, die effektiwiteit van jou sintuie, jou vermoë om te bestuur en koördinasie. Alkohol beïnvloed ook areas in jou brein wat verantwoordelik is vir aggressie, honger, dors, plesier, pyn en liggaamstemperatuur. Nikotien Nikotien kom in sigarette, sigare en tabak voor en is hoogs verslawend. Dit affekteer jou dink- en onthouvermoëns, veroorsaak kognitiewe probleme en depressie, vermeerder stres en laat jou polsslag, bloeddruk en asemhalingstempo toeneem. Kafeïne Kafeïne kom voor in koffie, tee, gaskoeldranke, energiedrankies en sjokolade. Dit kan jou brein benadeel omdat dit jou vermoë om te ontspan beperk. Dit veroorsaak ook slapeloosheid en hoofpyn. Kalmeermiddels Kalmeermiddels is onderdrukkingsmiddels wat die sentrale senuweestelsel verdoof en vertraag. Dit hou nadele vir jou brein in soos aggressie en paranoia. Die langtermyngebruik van kalmeer- middels kan tot erge depressie ly.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|