' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tuks: Studente help bewaar aan Mapungubwe
May 06 2008 03:38:21:800PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die ingang na Mapungubwe.
Rialda Appelgryn

Mapungubwe se geskiedenis is nou veilig danksy drama-, argeologie- en antropologiestudente van die universiteit.

Dié span studente het die mondelinge tradisies en narratiewe van die erfgename van die Mapungubwe-gebied in Limpopo vasgelê.

Carly Boeg, ’n honneurs-dramastudent, het gesê die doel van die projek was om die geskiedenis, wat tot ’n mate verlore gaan omdat dit mondelings is, vas te lê. Hulle wou hierdeur ’n stem gee aan die stamme wat daar woon.

Nicole Jacobs, nog ’n honneurs-dramastudent, het gesê dit was baie interessant om te sien hoe die gemeenskappe hulself en die wêreld sien en hoe die moderne en tradisionele kulture gemeng word. Volgens haar het die ondervinding haar uit haar Westerse konteks geneem en haar in staat gestel om met ander oë na dinge te kyk.

“Die swart gemeenskappe word altyd uitgebeeld as ondergeskik aan die koloniseerders, maar hulle het goed reggekom voor dié se koms,” het sy gesê.

’n Span van tien mense het gegaan om die liedjies, lofgedigte en danse van die onderskeie stamme by Mapungubwe op te teken. Verder wou hulle uitvind oor elke gemeenskap se aanspraak op Mapungubwe en wat die herbegrawingsproses vir hulle beteken het.

Die universiteit is reeds etlike jare by Mapungubwe betrokke en verskeie argeologiese artikels en beendere is daar opgegrawe. Dié artikels is tot verlede jaar in ’n museum op kampus gehou.

Die stoflike oorskot van die mense wat daar gevind is, is egter verlede jaar aan die Lemba-, Vhangona- en Leshiba-gemeenskap, asook die Tshivhula-koningsgesin oorhandig vir herbegrawing.

Die klankopnames waaraan die studente gewerk het sowel as argeologiese artikels en visuele materiaal gaan deel uitmaak van ’n multimedia-aanbieding wat op die mondelinge narratiewe gebaseer is.

Die multimedia-uitstalling kan van 19 tot 25 Mei in die Ou Letteregebou, langs die Mapungubwe-museum, gesien word.

Daar sal verder twee keer per dag, om 12:30 en 19:00, ’n vertoning wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |