Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Puk: Laat jou brein asem skep met Joga 111
Is jou stresvlakke hoog, jou humeur kort en jou gewoonlike glimlag M.I.A.? Dan is dit hoog tyd dat jy jou tekkies gryp en begin oefen. Oefening stimuleer jou brein sodat jou goedvoelhormone, oftewel endorfiene, vrygestel word en jy gelukkiger en meer ontspanne voel. Endorfiene dien as ’n natuurlike antidepressant, veral as jy daagliks sowat 30 minute lank oefen, volgens die webtuiste exercise.about.com. Joga, aerobiese oefeninge en Pilatus is veral goeie oefening wat vir jou lyf én verstand werk. Daardie spasmas in jou skouers en nek sal verdwyn, jou spanningsvlak sal daal en jy sal ’n beter nagrus inkry – wat natuurlik jou studies ’n hupstoot sal gee. As jy egter nie lus het om by ’n gimnasium aan te sluit of professionele joga- of Pilatus-klasse te loop nie, volg gerus Kampus-Beeld se Joga- en Pilates 111-oefenplan. Herhaal elkeen van dié oefeninge ’n paar keer: Plaas jou een hand op jou maag en haal diep asem. Konsentreer daarop dat jou vingers uit mekaar beweeg as jy asemhaal. Oefen druk op jou naeltjie uit as jy uitasem en voel hoe jou ribbekas beweeg. Asem in en druk jou sitvlak na bo terwyl jy jou skouers terugtrek. Druk jou skouers dan weer af, weg van jou ore. Asem uit en druk jou ken teen jou borskas. Sak vooroor sodat jou kop aan die grond raak terwyl jy al jou spiere laat ontspan. Herhaal die oefening vir vier tot ses asemhalings. Asem nou diep in en druk jou ruggraat teen die vloer terwyl jy uitasem. Asem in, asem uit en trek jou ruggraat weg van die vloer. Asem in en hou jou arms bo jou kop in die lug. Asem uit en laat sak jou arms weer tot op die vloer bo jou kop. Asem uit en laat jou ruggraat vorentoe buig – dis ’n C-vormige beweging van die ruggraat. Haal diep asem en ontspan. – Bronne: pilates.about.com; exercise.about.com/cs/yoga/l/
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|