Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Puk: Bed is die beste oefenapparaat
    May 11 2008 04:15:36:057PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Die liefdevolle aanraking van jou maat verhoog die goedvoelhormone in jou brein. Foto: Alet Pretorius
    Juvan Redelinghuys


    Dit is geen geheim dat die liefdesdaad jou in ’n toestand van ekstase laat nie. Jou liggaam en siel word bevoordeel gedurende seks, mits dit in ’n gesonde verhouding plaasvind.

    Vir sommige mans is motivering vir seks nie romanse nie, maar dikwels eerder eie plesier en gewin. Vrouens soek weer liefde en aanvaarding.

    Me. Elmari Craig, ’n seksuoloog en huweliksberader van Pretoria, sê seks gee jou selfbeeld ’n hupstoot, want dit laat jou goed voel oor jouself.

    “Seks is ook ’n skoonheidsbehandeling,” luidens haar boek Die A-Z van seks.

    “Tydens die liefdespel stel die vroulike liggaam estrogeen vry wat haar hare laat blink en haar vel laat gloei. Seks is ook ’n goeie ontspanningsmiddel, wat tien keer meer effektief as Valium is.”

    Craig voeg by dat selfs ’n lekker lang soen die speeksel in jou mond vermeerder, wat tandbederf help voorkom. Seks is ’n antihistamien, wat asma, hooikoors en selfs ’n toe neus verlig.

    Die liggaam stel endorfien vry tydens seks. Dié goedvoel-hormoon lei tot ’n positiewe geestestoestand en uitkyk op die lewe.

    Die liefdevolle aanraking van jou maat verhoog vlakke van oksitosien. Dié hormoon, wat endorfien verhoog, het ’n verdowingseffek wat as pynstiller dien. Endorfien is die natuurlike vorm van morfien – dus het ’n vrou geen “hoofpynverskoning” wanneer dit by seks kom nie.

    Daar word ook beweer dat die bed die beste mensgemaakte oefenapparaat is. Tydens seks verhoog die polsslag met meer as dubbel. Een nag onder die komberse verbrand dieselfde aantal kalorieë as ’n 15 minute-drafsessie. Aangesien 30 minute van seks 200 kalorieë verbrand, kan jy dus in een week 500 g van daardie ongewenste gewig afskud.

    Seks is goed vir jou hart en dit oefen jou maag-, rug- en boudspiere.

    Net soos met enige ander fisieke oefening, stel die manlike liggaam testosteroon vry tydens seks. Testosteroon help weer om jou bene en spiere te onderhou.

    Seks het natuurlik ook sy slegte kant. Teen dié tyd behoort alle studente die gevare wat seksueel oordraagbare siektes, veral MIV, inhou, te begryp. Dan is daar natuurlik ook die risiko van ’n onbeplande swangerskap.

    Vir sommige studente is seks egter ’n heilige instelling van die huwelik en hulle glo dat die wag die moeite werd is. Daar is ook nie ’n beter voorbehoedmiddel as onthouding nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |