Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Puk: Speel jouself in ’n eksamen-onderskeiding in
Is jy die Weakest Link?en ook nie seker of jy slimmer is as ’n gr. 5-kind nie? Moenie bekommer nie, Kampus-Beeld sal dit sommer vinnig regruk. Ons almal is studente, maar soms voel dit asof al die inligting wat jy in jou kop dwing, net nie wil bly en kamp opslaan nie. Die brein bestaan uit verskillende afdelings waar verskillende tipes geheue gestoor word. As jy nie die regte studiemetodes beoefen nie, word jou brein gekondisioneer om die verkeerde dele van die brein te aktiveer wanneer jy inligting probeer stoor. Die rede hoekom jy jou toets slaag maar omtrent van voor af moet begin swot wanneer die eksamen nader kom, is omdat jy die afdeling van die brein aktiveer wat bekend staan as die “werkende geheue”. Dié afdeling toon dieselfde eien?skappe as die van die korttermyngeheue, maar die transitokurwe tussen die werkende geheue en langtermyngeheue is groter. Met ander woorde: die oordrag van inligting wat gestoor word in die werkende geheue na die langtermyngeheue is groter as dié van die korttermyngeheue. Die goeie nuus is dat jy nie nodig het om jou studiemetodes te verander nie. Jy hoef net jou brein te kondisioneer om van die begin af inligting in die langtermyngeheue te stoor. Nou hoe doen ’n mens dit? Die brein is amper net soos enige ander spier in die liggaam: hoe meer jy hom oefen, hoe sterker word hy. Soos enige goeie atleet jou sal vertel, help dit nie jy doen push-ups om jou bene sterker te maak nie. So ook het jy sekere oefeninge om sekere afdelings van jou brein te kondisioneer. Oefening 1: Speel Sudoku Onlangse toetse gedoen deur die Amerikaanse vereniging van veroudering het bewys dat Sudoku jou geheue vars hou en in staat stel om inligting vir langer tye op ’n slag te kan stoor. Die verslag het ook getoon dat net een so ’n tipe spel nie voldoende is tot beter geheueretensie nie. Dus moet jy ander oefeninge ook doen. Oefening 2: Doen tonne brain teazers Ja, dis reg, gaan soek veral daardie stories wat jou mal maak, maar waaroor jy nie kan ophou om te dink nie. Daar is miljoene webblaaie op die internet wat brain teazers verskaf. www.braingle.com is een van die gewildste webwerwe hiervoor. Moet ook nooit ’n potjie skaak, 30 Seconds of selfs iets soos Monopoly onderskat nie. Al dié speletjies het die eienskappe wat die regte deel van jou brein kondisio?neer. Vir diegene wat gelukkig genoeg is om ’n Wii of Nintendo DS te hê, skaf die Big Brain Academy-speletjie aan, wat juis gemaak is vir hierdie doel. Hou nou dadelik op met bekommer en speel jouself in ’n onderskeiding in dié eksamen.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|