Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


UJ: Justin se senterspel laat almal praat
May 13 2008 05:55:41:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Justin St. Jerry tydens 'n ander Super14-wedstryd.Foto: Deaan Viviers, Rapport

Die Leeusenter Justin St. Jerry het Saterdag op Ellispark teen die NuPay Eagles ’n vertoning van senterspel gelewer wat bitter lanklaas op klubvlak gesien is.

UJ het die Eagles met 59-22 vermorsel.

St Jerry het die telbord aangevul deur drie drieë vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) te druk en het ook nog ’n hand in verskeie ander gehad.

Moby Dick, die UJ se klubbestuurder, sê dit was een van die beste vertonings wat hy nóg van ’n binnesenter gesien het.

“Ons kon nog 10 drieë druk en ons backs het hulle doodgemaak,” sê Moby.

St. Jerry het ’n paar weke gelede sy buiging vir die Leeus se Super14-span in Christchurch teen die Crusaders gemaak.

Moby was ook vol lof vir die losskakel Arno Coetzee. “Ek het hom lanklaas, indien ooit, so goed gesien speel.”

Coetzee het behalwe sy algemene spel ook 18 punte met die skoen aangeteken.

St. Jerry en die vleuel Galiel Markus het elk drie drieë gedruk en Lu-Wayne Botes het ook ’n blink vertoning op vleuel gelewer.

Hy het Hennie Oosthuizen, wat harsingskudding opgedoen het, vroeg in die wedstryd vervang.

Die gees in die UJ-span is skitterend, noudat van die vrot kolle uitgesny en van die spelers na ander klubs uitgeplaas is.

Nie een van die oud-UJ-spelers kon Saterdag hond haaraf maak teen die studente nie.

Die haker Torrie Meyer het twee geel kaarte in die wedstryd gekry wat ’n rooie tot gevolg gehad het en die UJ sal duim vashou dat hy Vrydagaand teen die Puk mag speel.

) Punte: UJ: Drieë: Justin St. Jerry (3), Galiel Markus (3), Bruce Chibesa, Francois Uys. Doelskoppe: Arno Coetzee (6). Strafdoele: Coetzee (2). – André Bester, Suparugby


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |