Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    UJ: Laat jou hoender vandag vry!
    May 13 2008 05:55:40:077PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Hou dié outjie dop en doen die hoenderdans ordentlik! Foto: Henno van Rensburg
    Rialda Appelgryn


    Almal wat al op ’n troue was, het al hul lyf pluimvee gehou op die maat van ’n een(d)voudige wysie wat al vinniger en vinniger herhaal word.

    Vandag is jou kans om hierdie dans te dans sonder om op ’n troue te wees, want vandag is Dance Like a Chicken-dag.

    Dié nasionale dag is in Amerika ingestel vir mense wat versot is op die hoenderdans, maar nie genoeg geleenthede kry om ons geveerde vriende na te maak nie.

    Werner Thomas, ’n Switserse trekklavierspeler, het die wysie geskryf en die vreemde danspassies bygevoeg nadat sy eende hom geïnspireer het.

    Hoekom die hoenderdans? Een staaltjie lui dat daar tydens ’n Oktoberfest in 1981 in Amerika nêrens ’n eendkostuum te vinde was nie. Hoenderkostuums was daar wel en so het Gallus Domesticus tot internasionale ikoon verrys.

    Skud dus jou stertvere reg en laat dans vandag soos kuikenspeletjies lyk. Borsies, vlerkies en boudjies gaan wikkel en swaai terwyl die KFC-generasie koning kraai.

    . Inligting gekry by www.holidayinsights.com, www. wikipedia.org en www.clover.okstate.edu.

    ) Vir diegene wat nie weet hoe die hoenderdans werk nie, Kampus-Beeld is hier om te help.

    Staan in ’n sirkel.

    Vorm ’n groot voëlbek met jou arms of twee kleintjies met jou hande en maak dié vier keer oop en toe.

    Posisioneer jou arms as vlerkies en flap vier keer.

    Wikkel afwaarts met jou arms langs jou sye, of maak met jou vingers stertvere op jou agterent. Wikkel dan weer op ook.

    Klap jou hande vier keer.

    Herhaal bogenoemde stappe vier maal, haak bymekaar in en beweeg in die rondte.

    En siedaar, Chicken Little verander in Chickenova!

    How funky is your chicken,

    how loose is your goose,

    come on everybody,

    shake your caboose!


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |