Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
UJ: Hollywood skarrel as die lig aangesit word
Die Amerikaanse joernalis en politieke ontleder PJ O’ Rourke het gesê dit is nie ’n joernalis se plig om op die sogenaamde kokkerotte te trap nie. Al wat hulle hoef te doen, is om die kombuislig aan te skakel en te kyk hoe die rakkers verwoed rondskarrel. In dié opsig is dit die reg van die media om ’n ogie te hou oor verdagte dinge en mense, veral diegene in die openbare oog, en die publiek te vertel wat aangaan as die kombuislig afgeskakel is. Wie anders gaan die publiek laat weet as ’n minister te diep in die bottel kyk of as ’n politikus en sy familie ’n all expenses paid-trippie, goedgunstiglik geskenk van die belastingbetaler, vat? Wat my grief, is wanneer Hollywood (self nie ’n morele steunpilaar in die samelewing nie), joernaliste as sluipende, agterdogtige kreature uitbeeld wat in donker hoekies skuil en wag om mense uit te buit, sodat hulle die volgende groot scoop kan kry. Ek praat van rolprente soos The big carnival, wat handel oor ’n joernalis wat ’n storie doen oor ’n man wat onder in ’n myn vasgevang is. Die ou doen alles in sy vermoë om die storie lewendig te hou – hy slaap selfs met die arme drommel se vrou. Die Die hard-rolprente het ook ’n joernalis wat sensasie bo die veiligheid van ander kies en in Paparazzi word ’n akteur knaend deur ’n poniekoerantjoernalis gejag. Dié rolprente en vele ander plaas joernaliste in ’n lig wat hulle soos ongevoelige honde laat lyk, terwyl mainstream-Hollywood dan ook nog die cheek het om hul eie propaganda aan ons op te dis. Het Hollywood vergeet dat joernaliste ’n streng etiek moet volg en deur ombudsmanne en streng redakteurs dopgehou word? Miskien vergeet mense dat Hollywood ’n groot impak het op die gemeenskap, omdat dit as deel van die vermaakbedryf kultuur aan mense verkoop wat stereotipeer en klasseverdeling veroorsaak. Dink maar aan stereotipes in flieks soos die oorverfynde gay man en die Arabiere en Russe wat altyd die bad guys is. Ek wil nie eers begin skryf oor al die seks en geweld wat elke dag, danksy Hollywood, deur jongmense se oë filtreer nie. Nie alle rolprente is sleg nie. Sommiges, soos Veronica Guerin en A mighty heart, dra goeie en positiewe boodskappe oor, maar net so is nie alle joernaliste oneties en “vuil” nie. So, as jy weer na ’n Hollywood-produksie kyk waarin die nare joernalis arme mense belieg en bedrieg, dink eers drie keer na wie die vinger gewys moet word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|