Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
UJ: Phyllis se stem teen Hollywood
Me. Phyllis Dannhauser is ’n redigeerder met ’n hart van goud en ’n lus vir verandering. Dié UJ-dosent in die oudiovisuele departement is tans besig om die rolprentfees, Filmmaking Youth Taking Action (FYTA), te reël. Dannhauser beskryf haar grootwordjare in Pretoria as die katalisator vir haar passie vir rolprente. “Ek het as’t ware in my ouma se bioskoop grootgeword.” Sy vertel sy is al in haar jeug aan rolprente soos Alfred Hitchcock se Psycho blootgestel. “Ek het vir baie lank daarna met die lig aan geslaap,” voeg sy by. Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het intussen haar huis geword. “Dit is egter soos ’n trein wat eers aan die einde van die semester by die stasie stop,” lag sy. “Maar ek hou baie van die studente, so dit maak dit die moeite werd.” Sy beskryf FYTA as ’n reaksie teen die verbruikerskultuur van Hollywood en ’n bevryding van dié genre wat ons rolprentteaters oorheers. “Moet egter nie dink dit gaan een van daardie vervelige feeste wees nie,” sê sy. “Daar is afdelings soos musiekvideo’s en eksperimentele rolprente, nie net dié met sosiale twispunte as agtergrond nie.” Behalwe vir FYTA het Dannhauser ook ’n hele paar prestasies op haar kerfstok. “My grootste prestasie was toe ek die regisseur van Nelson Mandela se inhuldigingsvideo was. Dit is regoor die hele wêreld uitgesaai.” Sy was ook die redigeerder van Solving it, ’n mediese dokumentêre program wat weekliks op SABC3 uitgesaai is. Hiervan hou Phyllis Gunstelingrolprent: Omarcord deur die briljante Frederico Fellini. Gunstelingband: Ek hou van Metallica of ou nostalgiese musiek. Lewensfilosofie: "Jy kry in die wêreld terug wat jy uitsit. "Wees dus positief." Wat maak jou kwaad? "Mense wat bane wissel sonder enige waarskuwing." Gunstelinggesegde? "Die beste brug tussen hartseer en hoop is ?n goeie nagrus."
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|