Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
UJ: Is dit ’n siekte, ’n soort verlof, ’n roomysgeur?
Universiteite kan jou seker nie alles leer nie, maar met woorde soos Batisimo, Consul en Slurf wat op kampus die ronde doen, moes menige eerstejaar se woordeskat in 2008 baie gegroei het. Kampus-Beeld het die Universiteit van Johannesburg se eerstejaartjies en sommer ’n paar seniors se woordeskat uitgedaag, die frase “eschew obfuscation” in hulle rigting gegooi, en besonderse antwoorde in ruil gekry. Reuben Xaba gee vol selfvertroue sy antwoord. Hy meen dit is die korrekte woord vir kraamverlof. “Jy moet ’n sekere aantal ure werk voordat jy van die guns gebruik kan maak,” voeg hy by. “Ek dink dit het iets met liefde te doen” sê Emma Tshatsinde. “Ek is seker dit beteken ‘ek is lief vir jou’ in een of ander Europese taal, seker maar Frans?” wonder sy. Savannah Fari dink ook dit het iets met liefde uit te waai, maar meer in ’n stoute rigting. “Ek dink dit is ’n baie kinky slaapkamersport. “Daar is definitief swart leeruitrustings en swepe betrokke,” voeg hy met ’n glimlag by. Bongani Dasheka neem egter ’n vreemde benadering vir sy antwoord in. “Dit moet ’n nuwe ruimtewesespesie wees, wat daarop uit is om die wêreld oor te neem en die mense op die planeet te verwoes,” sê hy selfversekerd met blink oë. ’n Eerstejaar met ’n baie ernstige antwoord is Regina Bell, wat meen dit het iets met die vak sosiologie te doen. “Dit is seker die eerste fase van die proletariaat se revolusie wat deur Karl Marx bedink is.” Elaine Botha het iets heel anders in gedagte. “Is dit nie ’n duur roomysgeur by een van daardie deftige roomyswinkels in Sandton nie?” bespiegel sy. Ek is seker dit is ’n sjokolade-en-konjakgeur.” Moet egter nie dink net eerstejaars sukkel om met ’n antwoord vorendag te kom nie. Dié frase laat ook die senior studente kopkrap. Jean Jansen van Rensburg is seker dit is ’n seksueel oordraagbare siekte. “Dit het begin toe rotte en muise in laboratoriums gekruisteel is, en een van die navorsers gebyt is.” Nog ’n senior wat geweldig gekwel is deur die frase, is Pierre Joubert. “Dit is die wetenskaplike term vir ’n missing link in die evolusieproses van die mens wat onlangs in Suid-Afrika ontdek is.” Wat beteken “eschew obfuscation” in werklikheid? wonder jy. “Vermy verduistering.” Die grap is juis dat obskure woorde gebruik word om te sê: “Wees duidelik.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|