Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


UJ: FYTA-fees maak deure oop vir fliekmakers
May 13 2008 05:55:29:623PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mandus Momberg


Besef jy die gevaar van escapism? Het jy ’n passie vir rolprente? Weet jy daar is stemme buite Hollywood wat ook gehoor moet word en is jy op soek na mede- jong, talentvolle fliekmakers? Dan is die Filmmaking Youth Taking Action-fees (FYTA) net die fees vir jou!

FYTA is ’n rolprentfees wat deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) in samewerking met die Mexikaanse ambassade aangebied word.

Die beste rolprentmakers van dié twee lande gaan gedurende die fees werksessies aanbied, van hul rolprente wys en die publiek meer bewus probeer maak van wat buite Hollywood aangaan.

Elena Fortes, wat deel is van die dokumentêre rolprentfees Ambulante, Flavio Florencio, stigter van die Africala-rolprentfees en Sebastián Beláustegui, wat sy baanbreker- fotografiese uitstalling Africa vanuit Sentraal-Amerika na FYTA gaan bring, is van die mense wat die fees gaan bywoon.

Dit is die eerste FYTA-fees ooit, maar belowe om nie teleur te stel nie.

Die fees streef daarna om die passie in jong rolprentmakers weer aan die brand te steek, hulle aan te moedig om hul sienings te lug en nie terug te staan vir die reuse van Hollywood nie.

Gedurende die fees sal verskeie werksessies aangebied word oor verskillende temas in die rolprentbedryf.

FYTA het ook seker gemaak hulle hou die behoeftes van jong rolprentmakers na aan hul harte en het die Benign Bunker beskikbaar gestel, waar rolprente wat by die fees ingeskryf is, heeldag lank gaan wys.

Hier kan die aspirant- Steven Spielbergs of D.W. Griffiths heeldag lank mingle en bietjie netwerk.

Daar is verskillende kategorieë waarin jy kan inskryf.

) FYTA Flix is kort-kortfilms van 30 sekondes tot 5 minute. Dit sluit animasiefilms uit.

) FYTA Figurines-Anima?tion is, soos die titel sê, animasie. Dit kan 2-D of 3-D wees en het nie ’n tydsbeperking nie.

) FYTA Fact is dokkies tussen 5 en 60 minute.

) ’n Kategorie wat opwindend gaan wees, is FYTA Funk, vir musiekvideo’s.

FYTA vind plaas van 13 tot 16 Junie 2008.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |