Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tuks: Daar ís raad teen eksamenstres
“Ek ken van toetse, ek druip nog elke keer…” Dié lirieke van Klopjag se liedjie “24 uur” is menige student se uitkyk op die eksamen wat so vriendelik vir ons wink. Kampus-Beeld het studente gevra om hul geheimpies en wonderkure bekend te maak sodat die eksamen vir almal stresvry kan verloop. Candice Pauls, ’n tweedejaarstudent in verbruikerswetenskap, het geluister toe die kenners onthul het dat tuinmaak terapeuties is. Sy lei graag die tuin nat as die stresvlakke in die rooi begin boer. Verder maak sy ook vroegtydig notas om stres-situasies heeltemal te voorkom. Die twee derdejaar-bedryfsingenieurswesestudente Marianne Kriel en Lindy Duncley is al gesout in streshantering. Lindy ry graag op haar fiets of speel ’n paar kalmerende liedjies op haar kitaar. Marianne kyk Top Gear om te ontspan en net vir ’n oomblik van die studies te vergeet. “Ek eet graag Fruitloops en drink Milo voor my toets of eksamen, soos nou,” verduidelik die rustige en ontspanne Peter Bolink, ’n voornemende aktuaris. Peter se vriend Marc van Heerden volg ’n ou, bewese aanslag. “Ek bid voor my eksamens, dit maak my rustig en ontspanne.” Frank Louw, ’n meganiese ingenieurswese-student, het ’n heel anderster (Oosterse) uitkyk op eksamens en papier. Sy papier word tydens eksamentye nie vir nota’s en opsommings gebruik nie, maar eerder om origami te beoefen. Die ontwikkeling van maagsere en oormatige eet is hoe Melanie Shotter, wat sielkunde swot, se liggaam stres hanteer. Melanie moet dalk kers opsteek by haar vriendin Karen Trela, ook ’n derdejaarsielkundestudent, wat ’n studierooster opstel en ontspanne is as sy weet sy het genoeg tyd om te leer vir al haar vakke. Marius du Plessis het ’n teenoorgestelde benadering. “Ek leer glad nie, dan is daar geen stres nie! “Los dit maar vir volgende jaar, dit is nie vandag of vanjaar se probleme nie.” Só praat ’n selfversekerde eerstejaar…
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|