Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tuks: Sy ken van deurdruk in moeilike tye
Tuks se Joolkoningin is nie net ’n mooi gesiggie nie, maar ’n vrou met deursettingsvermoë van staal. Bridgette Elk kon maklik verlede jaar ná haar ma se dood tou opgegooi het, maar met haar pa se ondersteuning het sy deurgedruk, haar graad cum laude verwerf én die Joolkoningin-kroon gewen. Bridgette is besig met haar honneursgraad in bourekenkunde. “Ek kry volgehoue ondersteuning van my pa af. Hy is die een wat my moed verlede jaar heel jaar hoog gehou het,” sê sy. Bridgette erken dit kan soms nogal rof raak om haar studies, liefdadigheidswerk en verpligtinge as Joolkoningin te balanseer. “Ek moet my tyd fyn beplan sodat ek al my pligte as Joolkoningin kan nakom, maar ek sorg dat ek nie my studies afskeep nie. My dosente verstaan die situasie waarin ek is. “Ek probeer om soveel moontlik klasse by te woon, sodat ek reeds ’n agtergrond van die werk het wanneer ek min tyd het om vir eksamens te leer.” Haar resep vir sukses is om vooruit te beplan wanneer jy vir eksamens moet begin studeer sodat jy nie op die nippertjie ’n hele semester se werk moet baasraak nie. “So kan jy die stres vermy!” sê Bridgette. “Draf en gym is van my gunstelingmaniere om ontslae te raak van spanning en dit help my om te fokus voor ek begin studeer.” Sy vind dit moeilik om in die aande te studeer, en staan liewers 04:00 in die oggend op om dit te doen. “Om laat aande te studeer, werk glad nie vir my nie. Wanneer ek dieselfde sin drie tot vyf keer moet oorlees voor ek dit kan begryp, breek my moed voor ’n toets.” ’n Warm stort, ’n borrelbad en ’n groot beker koffie help haar om te ontspan en ekstra energie te kry voor ’n eksamen. Maar vir algehele verlossing van spanning meen sy niks kan ’n vakansie op die strand klop nie. Haar volgende vakansie is in die natuur. “Dié vakansie gaan ek en my pa Botswana besoek, want daar is niks so terapeuties soos die natuur nie.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|