Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


UJ: UJ-rugby belowend met nuwe spelers
May 13 2008 05:55:17:967PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Arno Coetzee is een van die groot aanwinste vir UJ se eerste rugbyspan.Foto: Duif du Toit, Touchline

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) spog met ’n nuwe reeks spelers en veranderinge in hul eerste span, wat hulle gewis ’n hupstoot gaan gee in die Pirates Grootuitdaagliga.

Die voormalige Leeu o.21-kaptein, Francois Uys, het die naweek UJ se eerste span op Ellispark teen die NuPay Eagles aangevoer.

Uys neem die leisels oor by die haker Brett Claassen, wat die span gedurende die Varsitybeker aangevoer het.

Uys is een van die Leeus se jong gekontrakteerde spelers wat vir die UJ uitdraf. Die vaskop Gert Muller kry ook ’n kans in die eerste span en so ook ’n klomp spelers wat die Unie vanjaar op Vodacom-vlak verteenwoordig het.

Nog iemand wat hom verlede maand by die UJ-manne aangesluit het, is die Puma- en Leeu-losskakel Arno Coetzee. Hy het verlede maand as losskakel vir UJ begin speel, met Ryno Luus wat na heelagter toe geskuif het.

Die SA o.19-vleuel Bernardo Botha is ook ’n aanwins vir die UJ-span. Hy het al telkemale uitgedraf vir jong Springbokke en sal UJ beslis help om ’n paar ekstra punte op die telbord aan te teken. – suparugby.com


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |