Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Simpel grap kan jou in tronk laat beland
Wat soos ’n blink plan in die vroeë oggendure op Hatfield Square klink, kan jou baie trane en ’n aand in die tronk besorg. ’n Student, wat eerder anoniem wil bly, het aan Kampus-Beeld haar storie vertel. “Wat begin het as ’n onskuldige grap het geëindig in ’n koue tronksel en ’n ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. “Dit het alles heel vreedsaam begin met ’n heerlike ontspanningsessie by Hatfield Square nadat ek weke lank agter die boeke gesit het. “Hatfield Square het na die beste medisyne vir ’n overworked, en under-played student geklink. Soos enige kuier in Hatfield, het my aand met ’n paar drankies en ’n bietjie langarmskoffel begin. Just to soften the edges, soos ek altyd sê. Min het ek geweet wat vir my voorlê. “Terwyl ek die een na die ander snaakse konkoksie afsluk het, het ek baie meer selfversekerd en onaantasbaar begin voel. “Teen 01:30 het ek en my selfversekerde vriendinne soos die Powerpuff Girls gevoel – niks kon ons onderkry nie. “Dit was toe by die Cheeky Monkey Bar waar ek met die harde werklikheid van die gereg te doen gekry het. “Vandag kan ek nie sê waarom ek dit gedoen het nie, maar in daardie stadium het die sagte leerkussing in Cheeky Monkey vir my verskriklik aanloklik gelyk. “ ‘Vat my, vat my,’ was al wat ek gehoor het. En ek het. Dit is waar wat almal sê – ’n nag in ’n tronksel voel soos ’n leeftyd. “Nugter geskrik met woorde van hoop, liefde en vergifnis teen die vuil mure kon ek nie glo waar ek is nie. “Om nie eers te praat van die kriminele rekord wat my die res van my lewe soos ’n skaduwee gaan volg nie. “R3 000 se prokureurskoste en skadevergoeding later het ek besef hoe naïef ek was. Jy voel glad nie selfversekerd en onaantasbaar as jy in ’n tronksel sit nie. Dit is nie soos in die flieks nie. Dis baie erger.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|