Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Energiebesparende lampies kan gesondheidsgevare inhou
Mar 27 2008 09:57:20:323PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman


Energiebesparende lampies kan vanweë die kwikinhoud gesondheidsgevare inhou as dit nie op die regte manier weggegooi word nie.

Kwik is veral giftig as dit ingeasem word of deur die vel in die mens se stelsel kom, sê prof. Ewa Cukrowska, ’n kenner oor chemiese besoedeling aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

“Solank die lampie nie breek nie, is dit veilig,” sê sy.

Kwikvergifting deur voedsel is minder waarskynlik, maar kan gebeur as groente byvoorbeeld in grond gegroei het of met water in kontak was wat kwik bevat. Die konsentrasie van die kwik en hoe lank die slagoffer daaraan blootgestel is, speel ’n rol in hoe erg die vergiftiging is, sê Cukrowska.

“Dit hang ook af van die individu se gestel. Iemand met tuberkulose, kinders en swanger vroue kan erger beïnvloed word,” sê sy.

Energiebesparende lampies wat tans in Suid-Afrika versprei word, bevat gemiddeld sowat 5 mg kwik, sê mnr. Barry Bredenkamp, bedryfsbestuurder van die nasionale agentskap vir energiebesparing (NEEA).

“As só lampie breek moet die glasstukke met rubberhandskoene hanteer word. Mense moet ook iets oor hul neuse hou, sodat hulle nie die kwik inasem nie,” sê Bredenkamp.

Bredenkamp sê die stukke moet in ’n verseëlde sak gesit word en by ’n plek vir gevaarlike afval weggegooi word.

Hy het vroeër gesê die NEEA was tot dusver nie te bekommerd oor heel lampies aan die einde van hul leeftyd wat in gewone asblikke gegooi word nie.

Maar die NEEA is wel bekommerd oor die omgewingsgevaar wat kan ontstaan as ’n groot hoeveelheid daarvan op dieselfde tyd op dieselfde plek weggegooi word. Dít is ’n moontlikheid as Eskom met sy plan voortgaan om miljoene van dié lampies in laer-inkomste woonbuurte te versprei. Al dié lampies gaan dan min of meer op dieselfde tyd aan die einde van hul leeftyd kom en op dieselfde plek weggegooi word, het hy gesê.

“ ’n Strategie word nou in samewerking met Eskom en staatsdepartemente ontwikkel om veilig van dié lampies ontslae te raak,” sê Bredenkamp.

Die beste plan sou wees om ou gloeilampies vir nuwes te kan inruil.

Volgens Bredenkamp is daar ook onderhandelings met kleinhandelaars om spesiale asblikke vir dié lampies in hul winkels te hê.

Cukrowska het gesê dit is “ ’n tragedie” dat Suid-Afrika nie ’n kultuur van herwinning het nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |