Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Dié slim boer rook die pyp in wind en weer
Mar 27 2008 09:57:26:510PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Samuel Fourie by die toestel wat water met die son se hitte verhit. Foto: Maradine Whitehorn
Naudé van der Merwe


Dealesville. – ’n Boer van dié omgewing het ’n blink plan gemaak om water sonder enige elektrisiteit te verwarm.

Mnr. Samuel Fourie (69) van die plaas Morgenzon in die Dealesville-omgewing se toestel kan 50 liter water met die son se hitte verhit.

Volgens Fourie is al wat ’n mens nodig het ’n lang stuk swart plastiekpyp van sowat 25 mm dik wat in ’n vertikale stapel opgerol word sodat al die ringe van die pyp sonlig kry. Dit word dan aan ’n kraan gekoppel en ná ruk kan mense warm water by die pypstapel se bopunt uittap.

Deurskynende plastiek word oor die stapel getrek sodat die warm lug om die pypstapel nie ontsnap nie.

Volgens Fourie lewer sy apparaat water wat soms warmer as dié van ’n geiser is.

Al die materiaal het hom net R500 gekos.

Hy sê dit is ’n baie logiese konsep. Dit is al aan die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) voorgelê, maar nie gepatenteer nie.

Gister het die toestel van 08:30 tot 14:00 buite in Fourie se tuin gestaan. Hoewel dit gedeeltelik bewolk was, was die water se temperatuur teen 14:30 sowat 40?C.

Fourie sê ’n mens kan selfs ’n kleiner weergawe bou.

“ ’n Normale bad vat ongeveer 17 liter water, dus kan ’n pyp wat slegs 25 liter vat, maklik ’n hele gesin laat bad. En as ’n mens dit aan ’n geiser kan koppel met ’n wasmasjien- pompie, kan die geiser die water nog langer warm hou omdat dit geïsoleer is.”

Fourie meen sy toestel kan ’n huishouding baie aan elektrisiteit bespaar. Hy sê selfs as dit bewolk is, word die water maklik 25?C vergeleke met normale kraanwater se 17?C.

Sy toestel het al water tot 65?C verhit. Hy glo egter die grootste probleem sal wees dat mense dit nie self wil maak nie.

“Ons het só gemaklik in ons leefstyl geword.”

Fourie sê die werknemers op sy plaas gebruik al lank die toestel met groot welslae en daar is genoeg warm water sodat ’n hele gesin kan bad.

Dit is ook nie ’n groot toestel nie en kan maklik rondgedra word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |