Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Hernieubare bronne kan SA energie spaar’
Mar 26 2008 10:14:20:790PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman


Suid-Afrika kan binne die volgende drie tot vyf jaar sowat 1 400 MW bespaar deur hernieubare energiebronne te ontgin, het mnr. Raoul Goosen, projekbestuurder van die Sentrale Energiefonds (SEF), by die derde jaarlikse energiekonferensie in Rosebank, Johannesburg, gesê.

Dié energiebronne sluit in sonkrag, windkrag, hidroëlektriese krag en biomassa.

Die vervaardiging van energie uit sonlig kan sowat R2 per kilowatt-uur kos, sê hy. Ander energiebronne is egter goedkoper en wissel tussen 50c en R1.

Goosen het verwys na die sogenaamde dunfilm-fotovoltaïse (FV)-sonpanele wat deur prof. Vivian Alberts, ’n fisikus aan die Universiteit van Johannesburg, ontwerp is.

Dié panele gaan in die Paarl in die Wes-Kaap vervaardig word en vervaardiging kan teen die einde van volgende jaar begin, het Goosen gesê.

“Dieselkragopwekkers is ’n korttermyn-oplossing, maar dis duur, vuil en nie volhoubaar nie.”

Volgens Goosen neem dit sowat drie tot vyf jaar om ’n energie-projek goed te keur. “Dit het voorheen langer geneem, maar met die huidige tekort is dit versnel.”

Mnr. Barry Bredenkamp, bedryfsbestuurder van die nasionale agentskap vir energiebesparing (NEEA), het gesê “energie moenie net bespaar word omdat dit ’n krisis is nie. Dit moet ’n leefwyse wees.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |