Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ondernemings bly nie voor met voorsiening nie
Met die onsekerheid van beurtkragskedules waar onder gefrustreerde Suid-Afrikaners steeds gebuk gaan, kan ondernemings wat kragopwekkers verkoop skaars voorbly om in die aanvraag te voorsien. Die meeste ondernemings wat gekontak is, het waglyste wat wissel van drie tot 16 weke. Die kragopwekkers word hoofsaaklik van oorsee af ingevoer en van die handelaars sê hoewel dit ook in Suid-Afrika vervaardig word, is plaaslike kragopwekkers baie duurder. Daar is ook klante wat ’n jaar gelede navraag gedoen het oor die prys van kragopwekkers, daarvan vergeet het en dit nou skielik “gister” wil hê. Volgens ’n woordvoerder van Gen Power in Pretoria kom die voorraad stadig in en wag hulle 10 tot 12 weke vir Honda-verskaffers se kragopwekkers wat uit Thailand en Japan ingevoer word. Die wagtyd vir die kragopwekkers hang van die grootte af. Volgens mnr J.J. Symington van All In One Generators in Pretoria het hulle ’n waglys van drie tot 16 weke lank en het hulle reeds sowat 80 klante wat vir kragopwekkers wag. Volgens ’n woordvoerder by die onderneming Uri-Mica in Johannesburg se middestad duur dit gemiddeld agt weke voordat mense hul kragopwekkers kan kry. “Die kragopwekkers moet bestel word en ons vereis ’n deposito.” Mnr. Dave Broodryk van DRJ Electrical in Johannesburg sê hul wagtydperk vir kragopwekkers van minder as 100 KVA is ses tot tien weke.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|