Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Wees voorbereid op kragonderbrekings
Mar 30 2008 06:21:20:310PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Volg dié wenke en wees altyd voorbereid op kragonderbrekings:

  • Maak seker jou selfoon is altyd ten volle gelaai.

  • Sorg dat jy altyd genoeg kontant het. Kitsbanke werk nie sonder krag nie.

  • Sorg dat jou motor altyd genoeg brandstof in het – petrolpompe werk ook nie sonder elektrisiteit nie.

  • Maak seker outomatiese veiligheidshekke en motorhuisdeure kan oop en toe deur alternatiewe meganismes of batterykrag te gebruik.

  • Bêre kerse, flitse of gaslampe op plekke waar jy dit maklik in die donker kan vind.

  • Hou gekookte water in termosflesse.

  • Kos en medikasie wat verkoel gehou moet word, kan vir ’n hele paar uur hou as die yskasdeure nie oopgemaak word tydens kragonderbrekings nie.

  • Hou peuselkos en vrugte in die huis aan wat nie verkoel hoef te word nie.

  • Belê in ’n noodkragopwekker wat basiese toerusting soos ligte, ’n TV, mikrogolfoonde, wasmasjien en ander toestelle sonder elemente aan die gang kan hou.

    Een eenvoudige oplossing is ’n batterypak wat aan jou verdeelkas gekoppel word en binne twee ure tot vol sterkte gelaai kan word. In ’n gedissiplineerde huishouding kan die battery vir twee tot drie dae krag voorsien. Vind meer hieroor uit by www.energypowerpack.co.za.

    Veiligheidswenk

    Wanneer die krag afgaan, is dit veiliger om alle elektriese toestelle af te skakel en net een lig aan te los sodat jy bewus word van wanneer die krag weer aankom.

    Wanneer die krag weer aankom, kan dit met ’n kortstondige stuwing gebeur wat groot skade aan elektriese toestelle soos rekenaars, televisiestelle en DVD-spelers kan aanrig.

    Aanvullende bron: Eskom


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |