Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sit jou krag vanaand tussen
8 en 9 af
Skakel vanaand vir een uur jou krag af en spaar energie. Dít is die pleidooi van die Wereldnatuurfonds (WWF) aan Suid-Afrikaners wat die afgelope ruk onder kragonderbrekings ly. WWF Suid-Afrika het in ’n verklaring gesê hy wil Suid-Afrika só betrokke kry by Earth Hour (tussen 20:00 en 21:00), waartydens die inwoners van 26 groot stede oor die wêreld hul krag vir een uur lank gaan afsit as deel van ’n bewusmakingsveldtog oor klimaatsverandering. “Energiebesparing moet ’n leefwyse onder Suid-Afrikaners word. “Ons verstaan die huidige uitdaging wat Suid-Afrikaners en inwoners van die res van Afrika in die gesig staar weens beurtkrag. “Suid-Afrikaners het nie meer ’n keuse om energie te bespaar nie. Hulle moet weet dis ’n alledaagse noodsaaklikheid,” het mnr. Peet du Plooy, die WWF se raadgewer oor handel en beleggings, gesê. Dit sal volgens hom sowat R3,50 per watt kos om Suid-Afrika se 1,4 miljoen elektriese geisers te vervang. Krag wat opgewek sal word deur Eskom se volgende groot kragstasie – wat binnekort gebou gaan word en waarskynlik die grootste in die wêreld sal wees – sal sowat R16,40 per watt kos. As alle woonhuise in Suid-Afrika met sonpanele toegerus word, kan dit energiebesparing meebring van ’n derde van die krag wat dié kragstasie kan opwek. Sonpanele kan nó? energie opwek, terwyl verbruikers vyf jaar sal moet wag vir dié kragstasie om in werking te tree. “Selfs al ignoreer ’n mens alle morele oorwegings, maak energiedoeltreffendheid ekonomies sin. Om die planeet lewendig te hou, is moreel sowel as ekonomie noodsaaklik.” Intussen het WWF Internasionaal gesê benewens die 26 groot stede wat vanaand hul ligte gaan afskakel, is daar ook 371 kleineres wat by die projek gaan inskakel. Mnr. Andy Ridley, die brein agter Earth Hour, het aan Sapa-AFP gesê as alles volgens plan verloop, gaan die wêreld vanaand groot donkerte tegemoet. Organiseerders hoop dié inisiatief sal mense wêreldwyd daarvan bewus maak dat die elektrisiteitsopwekking deur steenkool koolstofdioksied in die atmosfeer vrystel en klimaatsverandering aanhelp. Altesame 2,2 miljoen inwoners en 2 100 ondernemings van Sydney het verlede jaar hul krag vir ’n uur afgeskakel vir die eerste Earth Hour. Die organiseerders meen die krag wat bespaar is, was gelykstaande aan 48 000 motors wat vir ’n uur van die paaie gehaal is.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|