Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Behuisingsprojek verlam oor krag
’n Nuwe behuisingsprojek wat sowat 5 800 huise aan mense in laer inkomstegroepe sou voorsien, word tydelik verlam omdat Eskom nie daarvoor krag kan aanlê nie. Dié projek vir die totstandkoming van die Chief Mogale-nedersetting, maak deel uit van die Mogale City (Krugersdorp)-stadsraad se uitgebreide projek om sowat 9 315 huise tussen Azaadville en Kagiso, buite dié dorp aan die Wes-Rand, op te rig. Die stadsraad wil teen einde Desember al vir 1 000 inwoners laekoste-behuising voorsien het. Dit is ’n gesamentlike projek van die stadsraad, ’n Absa-ontwikkelaarsgroep en die Gautengse provinsiale regering. Mnr. Bongani Gaeje, stadsraad-woordvoerder, het bevestig dat Eskom die versoek vir kraglewering vandeesweek afgekeur het. Mnr. Sipho Mashini, uitvoerende hoof van die Absa-ontwikkelaarsgroep, het aan Sapa gesê hy is vol vertroue die probleem sal in samewerking met die Gautengse departement van behuising opgeklaar word. “Dit sal een van daardie politieke besluite wees wat op ’n senior vlak geneem moet word. Jy kan nie dienslewering van huise staak weens elektrisiteitsverwante probleme nie,” het hy gesê. “Ons het ’n onderneming van Eskom gehad voordat ons begin het en nou kan hulle skielik nie meer krag voorsien nie. “Dit is ’n tipiese Eskom-houding. Hulle kán net nie . . . hulle kán net nie . . . maar as hulle gedruk word, dan voorsien hulle.” Mogale City-stadsraad is op hul agterpote oor Eskom se besluit. Gaeje sê die stadsraad gaan beslis die aangeleentheid verder neem. “Ons kan nie toelaat dat die integriteit en waardigheid van duisende mense wat nog nooit ’n huis besit het nie, in die slag bly oor die land ’n kragkrisis beleef nie.” Mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoofbestuurder van aanvraagbestuur, kon teen druktyd nie met sekerheid sê waarom die aansoek afgekeur is nie, berig Aldi Schoeman.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|