Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SAKP wil ‘strate toe’
Mar 28 2008 09:50:21:250PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philda Essop


Kaapstad. – Die SAKP het sy stem gevoeg by dié van Cosatu dat ’n moratorium geplaas word op die beplande verhogings in elektrisiteitspryse.

Die party het gister aangekondig dat hy “strate toe sal gaan” teen die beplande verhoging.

Eskom beplan ’n 63%-verhoging in die prys van elektrisiteit.

Politieke partye, die sakegemeenskap en vakbonde het woedend op dié stap gereageer toe dit verlede week aan die lig gekom het.

Mnr. Malesela Maleka, SAKP-woordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê dié aankondiging deur Eskom het nie net die party kwaad gemaak nie, maar ook die ernstige onderliggende krisis in Eskom blootgelê.

“Ons is oor die afgelope paar maande die een verduideliking ná die ander gegee – van versekerings van planne om elektrisiteitsvoorsiening uit te brei en te stabiliseer net om die verantwoordelikheid op die armes en die werkersklas af te skuif.

“Ons mense word nou gedwing om te betaal vir die irrasionele en sinlose neo-liberale beleid wat ons regering in 1996 in die vorm van Gear aanvaar het.

“Die SAKP sal die strate invaar teen die beplande prysverhoging. Ons sal binnekort ’n uitgebreide plan van massa-aksie aankondig om dié neo-liberale aanval op die lewensgehalte van Suid-Afrikaners stop te sit,” lui die verklaring.

Cosatu het verlede week gesê dié vakverbond is met “afgryse vervul” oor die voorgestelde verhogings.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |