Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Voorkomende beurtkrag van vandag ingestel
Mar 30 2008 09:34:44:077PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Eskom sal van vandag af voorkomende beurtkrag toepas om kragreserwes op te bou en die elektrisiteitsverskaffer in staat te stel om kragstasies te diens en te herstel.

Dié beurtkrag sal toegepas word ongeag die lading op die kragnetwerk.

“Voorspelbare en geskeduleerde beurtkrag, wat tussen twee en twee en ’n half uur sal duur, gaan nou elke tweede dag toegepas word,” het Eskom in ’n verklaring gesê.

Sondae sal geen beurtkrag toegepas word nie.

’n Uitsondering op die beurtkrag-reël is kliënte van City Power in Johannesburg wat minder gereelde, maar langer tye sonder krag sal wees. Dié inwoners gaan sowat vier en ’n half uur van beurtkrag per week moet verduur.

Eskom het ook gesê munisipaliteite en nywerheidskliënte wat meen hulle bespaar reeds 10% van hul elektrisiteitsverbruik, kan aansoek doen om kwytskelding van die voorkomende beurtkrag, maar nié noodbeurtkrag nie.

Teen die naweek kon Eskom nog nie sê watter munispaliteite reeds aansoek gedoen het om kwytskelding nie, berig Aldi Schoeman.

Die skedule van die voorkomende beurtkrag skep verwarring omdat sekere buurte, streke en munisipaliteite nie daarop verskyn nie.

“Die munisipaliteite wie se skedules nié daar verskyn nie het nog nie hul inligting deurgegee nie,” het Eskom se mediadiens gesê. Voorsiening word ook gemaak vir “sensitiewe kliënte soos hospitale, raffinaderye en waterdiensverskaffers”.

Beurtkrag was die afgelope paar weke nie nodig nie, aangesien groot nywerheidskliënte minder krag gebruik het.

“As al ons verbruikers dieselfde houding teenoor kragbesparing inneem, sal dit die waarskynlikheid van beurtkrag aansienlik verklein,” het me. Erica Johnson van Eskom gesê.

  • Die skedules kan afgelaai word van www.eskom.co.za. – Sapa


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |