Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA moet eintlik dankbaar wees vir beurtkrag, sê minister
Apr 01 2008 08:03:36:020PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman

Suid-Afrikaners moet eintlik dankbaar wees vir voorkomende beurtkragmaatreëls, het me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie, gister by die Randse Skou, suid van Johannesburg, gesê.

“Voorkomende beurtkrag is ’n poging om die negatiewe impak (van kragonderbrekings) te verminder en dit meer voorspelbaar te maak,” het sy gesê.

Voorkomende beurtkrag het gister begin sodat Eskom herstelwerk kan afhandel voor 1 Mei, wanneer die winterkoue aanvraag begin opstoot.

Vir dié herstelwerk het Eskom 3 000 MW nodig. Groot nywerheidkliënte gebruik 1 600 MW minder as voorheen en kommersiële en “ ’n klein aantal huishoudelike kliënte” spaar saam sowat 400 MW. Eskom moes dus gister nog 1 000 MW uit die stelsel haal deur beurtkrag toe te pas, het mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoofbestuurder van aanvraagbestuur, gesê.

Dié voorkomende beurtkrag sou reeds eergister begin, maar is met ’n dag uitgestel omdat Eskom wou seker maak dit is “absoluut noodsaaklik”.

“Mnr. Jacob Maroga (Eskom se uitvoerende hoof) het die naweek verskeie navrae van Eskom-direkteurs en regeringsdepartemente ontvang. Die vergaderings (vir eergister) is belê om seker te maak ons aanvanklike aannames (op grond waarvan die besluit geneem is) is reg.”

Sonjica het gister weer gevra dat mense moet help om energie te spaar. “Dis al wat ons kan doen om ’n verskil te maak.”

Volgens Sonjica is dit omdat die elektrisiteit in Suid-Afrika so “goedkoop” is, dat Suid-Afrikaners dit onverantwoordelik gebruik en nie genoeg bespaar nie.

  • Eskom-kliënte se onderbrekingskedules is by 086 003 7566 en op munisipaliteite se webtuistes beskikbaar.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |