Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tshwane: ‘Spaar nou om winter krag te hê’
As inwoners in die Tshwane-metrogebied nie binnekort minder krag begin verbruik nie, is ’n donker en koue winter op hande. Dít was gister mnr. Subesh Pillay, die metroraad se burgemeesterskomiteelid verantwoordelik vir openbare werke en infrastruktuurontwikkeling, se waarskuwing aan inwoners. Pillay het gister gesê die raad se energiebesparingsplan werp vrugte af, maar daar is nog nie ’n noemenswaardige daling in residensiële elektrisiteitsverbruik nie. “Kragonderbrekings in die Tshwane-metrogebied is in die inwoners se hande. As elke inwoner sy elektrisiteitsverbruik verminder, sal beurtkrag nie toegepas word nie.” Eskom het vroeër aangekondig dat munisipaliteite vanaf 1 April 10% minder elektrisiteit sal moet verbruik om kragonderbrekings vry te spring. “Die doelwit is 10%, maar ons besparing is tans ongeveer 2%.” Hy sê dit is nie naastenby goed genoeg nie en inwoners moet minder krag verbruik. Dit is duidelik dat ’n donker, koue winter vir Pretorianers onafwendbaar is as daar nie binnekort op die raad se pleidooi ag geslaan word nie. “Met die winter wat vinnig nader kom, is dit ’n groot bron van kommer,” het Pillay toegegee. Hy het gesê die raad sal weekliks die 10%-doelwit moet haal om kragonderbrekings vry te spring. “As ons dit nie doen nie, is kragonderbrekings ongelukkig ons voorland.” Die metroraad het in Februarie ’n omvattende energiebesparingsplan bekend gemaak. Dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, het gesê die raad wil met die plan verhinder dat die “kragnoodtoestand ’n krisis word”. Die plan se korttermyndoelwit-te behels onder meer die vervanging van gewone verkeers- en straatligte deur energiebesparen-de gloeilampe, sonaangedrewe verkeersligte, verhoogde kragopwekking by die Rooiwal- en Tshwane-Wes-kragstasies, gasverbruik en interaksie met groot verbruikers. Pillay sê die raad se intydse webwerf, wat inwoners onmiddellik van akkurate inligting verskaf oor watter woonbuurte wanneer onderbrekings gaan ondervind, is reeds geaktiveer. Daar word ook steeds oorweeg om inwoners per SMS van onderbrekings in kennis te stel. Pillay sê die koste van die SMS-diens sal baie duur wees en daar moet nog besluit word of die raad of inwoners daarvoor gaan betaal.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|