Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Laat dié opdok wat krag mors – Moosa
Suid-Afrikaners wat meer as ’n vasgestelde hoeveelheid elektrisiteit in hul huise gebruik, behoort drie tot vier keer die huidige prys daarvoor te betaal. Dít is mnr. Valli Moosa, nie-uitvoerende voorsitter van Eskom, se persoonlike siening. Moosa se gedagte, wat neerkom op ’n 200%- tot 300%-prysverhoging, kom nadat mnr. Gwede Mantashe, hoofsekretaris van die ANC, ’n voorgestelde 53%-prysverhoging verwerp het. Moosa het eergisteraand in Johannesburg aan die Omgewingsinstituut van Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe gesê prys is een van die sterkste wapens in die stryd teen kragvermorsing. As daar nie “massiewe prysverhogings” kom nie, gaan mense eenvoudig nie krag meer oordeelkundig gebruik nie. Volgens Moosa is dit deel van die menslike natuur om iets wat jy verniet kry, te vermors. Hy het gesê daar kan met reg gevra word wat die uitwerking van sulke verhogings op armes gaan wees. Sy siening is dat mense wat meer as ’n vasgestelde hoeveelheid krag gebruik, baie meer daarvoor moet betaal. Dit sluit die middelklas en ryk mense in. Moosa het gesê armes gebruik in elk geval nie veel krag nie. Hy het gemeen daar kan ’n stelsel kom wat armes vrystel van die verhogings deurdat dit nie van toepassing sal wees op mense wat minder as die vasgestelde hoeveelheid krag gebruik nie. Moosa het gesê as elektrisiteit se huidige prys verdubbel word, sal dit nog die goedkoopste krag ter wêreld wees.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|