Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Eskom gaan tog 53% meer vra Net soos brandstofverbruikers aan die styging van die olieprys blootgestel is, wil Eskom hê kragverbruikers moet vir die stygende steenkoolprys betaal, het mnr. Jacob Maroga, Eskom se uitvoerende hoof, gister gesê. “Ons wil die prysrisiko na die kliënt verskuif,” het Maroga bygevoeg. Stygende steenkoolpryse, verhoogde vervoerkoste van steenkool weens stygende brandstofpryse, die verhoogde gebruik van diesel vir gasaanlegte, asook die verhoogde koste van aanvraagbestuur, is uitgewys as Eskom se redes vir die prysverhoging-aansoek. Verwarring oor die presiese persentasieverhoging waarom Eskom aansoek doen, is gister uit die weg geruim toe sowel Eskom as die nasionale energiereguleerder (Nersa) bevestig het dat die aansoek om 53% is. Dié persentasie sluit die 14,2% in wat in Desember goedgekeur en op 1 April ingestel is. Nersa het gister ’n tydlyn vir die prysverhoging bekend gemaak en dit blyk die aankondiging kan in Junie gedoen word. Van 8 tot 29 April gaan Nersa se konsultasiedokument vir openbare kommentaar beskikbaar wees. Nersa gaan die kommentaar oorweeg en ’n dokument opstel wat op die openbare verhoor op 23 Mei gedebatteer gaan word. Die vakbond Solidariteit het gister in ’n verklaring gesê hy het Nersa versoek om Eskom se “vertroulike” aansoek bekend te maak. Luidens die verklaring is Eskom se versoek vir ’n verhoging van 53% “buitensporige oorverhaling”. “As ons die inligting in die vertroulike verslag kan bekom, kan ons ’n beter berekening doen oor die behoefte aan die prysverhoging,” lui die verklaring verder. Volgens mnr. Thembani Bukula, Nersa se lid verantwoordelik vir elektrisiteit, kan die aansoek “kommersieel sensitiewe inligting bevat” en is dit daarom vertroulik. Die aansoek se “vertroulikheid” gaan op 7 April oorweeg word voordat die konsultasiedokument uitgereik word. Maroga het ook gesê aandeelgebaseerde bonusse aan Eskom-direkteure gaan eers uitbetaal word nadat elke bestuurder se prestasie geëvalueer is. Dié beoordeling gaan plaasvind nadat die jaareindresultate amptelik verklaar is. Dít gebeur gewoonlik einde Mei, het Maroga gesê.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|