Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Betroubaarheid van kragstasies pla
Groot kommer bestaan oor steenkoolprobleme en die betroubaarheid van Eskom se kragstasies, het mnr. Brian Dames, Eskom se besturende direkteur van kragopwekking, gister gesê. Dié probleme kan tot vele onbeplande foute lei wat beurtkrag nodig kan maak, selfs al spaar verbruikers die 10% wat Eskom vra. “Ek is bekommerd oor die kragstasies se betroubaarheid, asook die hoeveelheid en gehalte van steenkool vir gebruik daar,” het Dames op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê. Op ’n vraag oor of die voortdurende aan- en afsit van kragstasies vir beurtkrag kragstasies beskadig en onbetroubaar maak, het Dames gesê dat “enige skielike veranderinge by ’n aanleg ’n impak het”. Volgens mnr. Jacob Maroga, Eskom se uitvoerende hoof, kan die swakker gehalte steenkool wat gebruik word “op lang termyn ten koste van die aanlegte se gesondheid” wees. Steenkoolvoorraad is nou gemiddeld genoeg vir 12 dae, terwyl dit sowat ’n maand gelede op 13 dae gestaan het. “Ons het ’n terugslag gehad, maar hoop steeds dat die steenkoolvoorraad teen die winter genoeg sal wees vir 20 dae,” het Maroga gesê. Eskom het 3 000 MW (’n besparing van sowat 10%) nodig om instandhoudingswerk voor die winter af te handel. Sowat 2 000 MW daarvan word verkry deur besparing deur groot nywerheidskliënte, kommersiële kliënte en “ ’n klein aantal huishoudelike kliënte”. Vir die ekstra 1 000 MW pas Eskom sedert eergister weer landwyd beurtkrag toe. “Ons wens is om ’n vrywillige vermindering van 10% (in die vraag na krag) te kry, sodat beurtkrag nie nodig is nie,” het Maroga gesê. Beurtkragskedules is op www.eskom.co.za en munisipaliteite se webtuistes beskikbaar. Eskom-kliënte met navrae oor beurtkragskedules kan 086 003 7566 bel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|