Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Valli gebráái toe hy sê kernkrag kan oplossing wees
Apr 02 2008 09:05:09:443PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Neels Jackson

Mnr. Valli Moosa, voorsitter van die raad van Eskom, het hom eergisteraand in ’n storm van protes vasgeloop oor sy siening dat kernkrag deel van die oplossing van Suid-Afrika se kragprobleme moet wees.

Moosa het eergisteraand aan ’n vergadering van die Omgewingsinstituut van Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe in Johannesburg gesê huidige denke loop sterk in die rigting daarvan om ’n tweede konven-sionele kernkragstasie te bou.

In vraetyd wou mense hom oor dié stelling braai.

Ds. Pieter Grove van die Verenigende Gereformeerde Kerk het gesê hy kan nie glo dat Moosa, wat ook die president van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring is, kernkrag steun nie.

Dít terwyl Duitsland sy kernkragstasies sluit, terwyl die prys van kernkrag nie behoorlik be-reken word nie en daar alternatiewe bestaan. Grove het ook gesê die kernkragreguleerder kry dit nou nie eens reg om vakante poste te vul nie. Hoe sal hy kernkrag kan reguleer as dit nog moet uitbrei?

Daar was ook vrae oor die veiligheid van kernkrag.

Een vraesteller was ontsteld oor die buitensporige bonusse wat Eskom se bestuur kry, terwyl daar skaars geld beskikbaar is vir nie-regeringsorganisasies wat moontlikhede van hernieubare kragbronne soos sonkrag wil ondersoek.

Dié vraesteller wou hê daar moet ’n ontmoeting tussen sulke nie-regeringsorganisasies en Eskom se raad belê word.

Moosa het gesê die gevare van kernkrag word syns insiens oorskat. Hy meen klimaatsverandering weens kweekhuisgasse is die no. 1-, no. 2- en no. 3-omgewingsprobleem wat opgelos moet word.

Daarom moet daar van steenkoolkragstasies wegbeweeg word. Die huidige twee steenkoolkragstasies wat in aanbou is, moet die laaste wees.

Teen die agtergrond van klimaatsverandering meen hy daar is ’n rol vir kernkrag.

Hy het toegegee dat daar nog omgewingsimpakstudies gedoen moet word as deel van die wetlike besluitnemingsproses voordat ’n tweede kernkragstasie gebou kan word.

Moosa het ook gesê dat in 2010 begin gaan word om ’n 100 megawatt-sonkragaanleg naby Upington te bou.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |