Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Eskom-werkers gyselaar gehou oor krag af is
Apr 03 2008 07:12:09:053PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Virginia Keppler

Meer as 200 ontstoke inwoners van die Ekangala-township buite Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, het drie Eskom-beamptes ’n uur lank as gyselaar aangehou totdat krag in dié buurt aangeskakel is.

Konst. Sally Skhosana, polisiewoordvoerder, het gesê die gyselaarsdrama het gister net ná 18:00 begin kort nadat die beamptes by die buurt se gemeenskapsaal opgedaag het vir ’n vergadering.

Lede van die gemeenskap het binne en buite getoi-toi en wou weet waarom hul buurt die afgelope twee weke in donkerte gehul is.

Skhosana het gesê die Eskom-beamptes het glo verduidelik dat ’n transformator stukkend is en daarom is die krag steeds af.

“Die mense het kwaad geëis dat die krag onmiddellik aangeskakel moet word voordat hulle die Eskom-beamptes vrylaat en het ook voertuie van die Kungwini-metropolisie met klippe bestook.”

Skhosana het gesê lede van Bronkhorstspruit- en Ekangala-polisie en Pretoria se misdaadvoorkomingseenheid se hulp is ingeroep.

“ ’n Uur later, toe die krag aangeskakel is, het die getoi-toi gestop en die Eskom-beamptes is ongedeerd vrygelaat,” het Skhosana gesê.

Volgens haar het die polisie ’n klag van opsetlike saakbeskadiging geopen, maar niemand is gearresteer nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |