Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Los kabels, al is die krag af!’
Apr 04 2008 06:16:10:593PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Selfs tydens kragonderbrekings moet mense liefs nie aan kragkabels vat nie, waarsku mnr. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24.

Volgens Vermaak het dié nooddiens al verskeie voorvalle gehad waar mense geskok is omdat die krag aangegaan het terwyl hulle met die drade “vroetel”.

Slagoffers kan brandwonde opdoen en dit kan ook die hart aantas.

“In een geval is ’n man van Randburg beseer toe hy tydens beurtkrag sy kans gebruik het om ’n muurprop reg te maak,” sê Vermaak. Die krag het aangegaan en die man is geskok.

Vermaak waarsku ook dat mense nie aan hul kragbokse moet peuter nie.

“As die krag nie dadelik aankom aan die einde van jou beurtkragperiode nie, kontak eerder die munisipaliteit of Eskom om jou te help as om self die kragboks oop te maak en aan die drade te vat.”

Vermaak waarsku ook dat stukke kabel wat veronderstel is om begrawe te wees, bo die grond kan uitsteek ná kabeldiefstal. “Diewe is opportuniste en gebruik hul kans tydens beurtkrag wanneer die kabels nie ‘lewendig’ is nie,” sê hy. Ná die kragonderbreking kan die kabel iemand noodlottig beseer as die persoon daaraan raak.

Mnr. Louis Pieterse, woordvoerder van die Johannesburgse kragverspreider City Power, sê dit is nie “onmoontlik” dat kabeldiewe die beurtkragskedules gebruik om hul misdaad te beplan nie.

Pieterse kon dit nie staaf nie, maar sê City Power “gaan dit beslis fyn dophou”. – Aldi Schoeman


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |