Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dele van Eskom-aansoek bly vertroulik
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het gister besluit dat sommige dele van Eskom se prysverhoging-aansoek vertroulik gaan bly. “Die aansoek sal teen môremiddag op Nersa se webtuiste wees. Die dele wat vertroulik gehou word, sal in swart uitgeblok wees,” het mnr. Thembani Bukula, Nersa se lid verantwoordelik vir elektrisiteit, gister gesê. Bukula het gesê die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting van 2000 maak daarvoor voorsiening dat sekere dele van die aansoek vertroulik bly. Ingevolge artikel 36 van dié wet moet toegang tot inligting geweier word indien dit handelsgeheime van ’n derde party bevat. Toegang moet ook geweier word as die rekord finansiële, kommersiële, wetenskaplike of tegniese inligting van ’n derde party bevat. As die openbaarmaking van die inligting skade aan die kommersiële of finansiële belange van die derde party sal veroorsaak, moet toegang ook geweier word, asook as dit inligting bevat wat in vertroulikheid deur ’n derde party verskaf is, waarvan daar redelikerwys verwag kan word dat die openbaarmaking daarvan die derde party in kontraktuele of ander onderhandelinge of in kommersiële mededinging sal benadeel. “Eskom se versoek vir vertroulikheid het in sekere opsigte aan die vereistes (van die wet) voldoen en in ander opsigte nie,” het Bukula gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|