Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Alle buurte in Tshwane is ewe lank sonder krag’
Álle inwoners word oor dieselfde kam geskeer wanneer daar kragonderbrekings in die Tshwane-metrogebied voorkom. Só verseker dié metroraad nadat Eskom gister gesê het sommige munisipaliteite wyk van hulle beurtkragskedules af, wat meebring dat party inwoners meer gereeld sonder elektrisiteit moet klaarkom as ander. Mnr. Andrew Etzinger, Eskom-woordvoerder, sê hulle weet onderbrekings kom in sommige gevalle nie ooreen met skedules wat vooraf opgestel is om die publiek in kennis te stel nie. Volgens hom lei dit daartoe dat Centurion meer onderbrekings het as byvoorbeeld ander dele in die Tshwane-metrogebied. Mnr. Subesh Pillay, die Tshwane-metroraad se burgemeesterskomiteelid verantwoordelik vir openbare werke en infrastruktuurontwikkeling, sê alle inwoners kry op ’n betrokke dag ’n beurt. Die Tshwane-metrogebied word in vier groepe opgedeel wat elkeen tussen 08:00 en 16:30 ’n onderbreking van net langer as twee uur het. “Dit kan byvoorbeeld gebeur dat Eskom ons verwittig dat beurtkrag nie meer nodig is nie wanneer die eerste drie groepe al onderbrekings gehad het. Die buurte in die vierde groep sal dan ’n onderbreking vryspring.” Pillay sê hy is nie daarvan bewus dat Centurion meer onderbrekings het nie. ) Mnr. Des Govender, ’n verkoops- en kliëntebestuurder van Eskom, het gister op ’n inligtingsessie van die Centurionse Sakekamer gesê munisipaliteite kan ’n vername rol speel deur kragstasies se “gebrekkige infrastruktuur” te verbeter. “Ons moedig alle rolspelers wat die vermoë het om elektrisiteit op te wek, aan om op verhoogde opwekking te fokus.” ’n Verslag oor die Tshwane-raad se energiebesparingsplan het verlede maand voor die raad gedien. Daarin word benadruk hoe belangrik dit in die lig van Eskom se “tariefverhogings en kragopwekkingsnood” is om opwekkings by Rooiwal en Pretoria-Wes, die raad se twee kragstasies, te verhoog. Die twee stasies word gewoonlik net in die winter gebruik wanneer dit kostedoeltreffend is. Luidens die verslag is volgehoue opwekking by die twee kragstasies “egter besig om gou ’n werklikheid te word”. Hul huidige opwekkingsvermoë is 200 MW per maand en hulle het ’n potensiële opwekkingsvermoë van 420 MW per maand.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|