Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Eskom: onmiddellike styging van 60% – óf 100% volgende jaar.
Apr 08 2008 09:01:08:597PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Krag-verhoging van 60% malligheid'
  • R10 m. dalk vir kragopwekkers
  • 'Los kabels, al is die krag af!'
  • Francois Williams


    Kaapstad. – ’n Onmiddellike styging in elektrisiteitspryse van 60% – óf ’n styging van 100% volgende jaar.

    Dís die keuse wat Eskom in sy tariefverhogingsaansoek aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) stel. En al word die 60%-verhoging toegestaan, sal elektrisiteitstariewe in elk geval in 2009 wéér met 43% moet styg.

    Eskom behoort in die huidige boekjaar ’n voorbelaste verlies van R7,9 miljard te ly indien hy elektrisiteitpryse slegs met 14,2% mag verhoog, soos in Desember goedgekeur is.

    Nersa het Eskom se aansoek gister gepubliseer, asook ’n konsultasiedokument waarop belanghebbers teen 29 April kommentaar moet lewer.

    Eskom sê sedert die 2007-’08-boekjaar moes hy R7,5 miljard meer betaal vir primêre energie as waarvoor begroot is op grond van die afgelope twee jaar se tariefaanpassings. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die skerp verhoging in diesel- en steenkoolpryse.

    Eskom se twee nuwe diesel-kragstasies by Atlantis en Mosselbaai moes die laaste tyd baie langer in bedryf wees as net tydens spitstye om kragonderbrekings te beperk.

    Dit het sy brandstofrekening opgejaag te midde van dieselpryse wat die afgelope jaar met byna 60% gestyg het.

    Ook sy tien steenkoolkragstasies moet baie harder werk, wat Eskom genoop het om meer steenkool op die kontantmark te koop. Die kontantmarkpryse is op hul beurt opgejaag deur die internasionale lopie in steenkool- en ander kommoditeitspryse.

    Volgens Eskom is die staatslening van R60 miljard wat in Februarie se begroting aangekondig is, reeds in ag geneem in die berekening van die tariefverhogingsaansoek.

    Mnr. Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gister aan Sapa gesê die verskaffer wou dele van sy tariefaansoek geheim hou om sy onderhandelingsposisie oor steenkoolaankope te beskerm. As dit nie sou gebeur nie, kan dit gebeur dat Eskom nog meer vir steenkool moet betaal, wat kragpryse selfs verder sal opdruk.

    Eskom voer in sy aansoek aan dat enige tariefaanpassing bokant 14,2% sal bydra tot die herstel van sy finansiële volhoubaarheid, en tot minder skerp toekomstige prysverhogings. Dit sal verbruikers ook aanmoedig om meer energiedoeltreffend te wees.

    Eskom stel ook ’n tariefstruktuur voor waarin arm huishoudings ’n verhoging van net 30% betaal, met ryker huishoudings en sake-ondernemings wat ’n 70%-verhoging kry. Huishoudings wat meer as 800 kWh per maand gebruik, sal die hoër tarief moet betaal, volgens die kragreus se voorstel.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |